Geverifieerde Resensie
Hanover
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hanover bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 218 resensies.
"Hanover is rustig en 'n goeie plek om oor te slaap, maar daar is nie veel om te doen nie. Die mense is egter gasvry en vriendelik, so 'n goeie plek om weg te breek."
"Hanover is interesting for those who love history. There is an endearing coffee table book detailing the history of Hanover and surrounding town. It warms one's heart towards the town folk. The chicken schnitzels at the hotel was as delicious as the owners promised. Staff at the grocery shop were friendly, as most Karoo residents are."
"Hanover laat 'n mens terugdink aan 'n vergete era, stof straatjies - vol historiese skatte, waar mense vriendelik is, almal groet mekaar met 'n glimlag. Soos in meeste gevalle in Suid-Afrika, is sulke klein dorpies afgeskeep en kort opknap werk, ten spyte daarvan is Hanover 'n pragtige plekkie. Sou 'n mens net verby ry, sal jy nooit weet van die pragtige plekkie met sy vriendelike mense en heerlike kos nie."
"Stil en rustige dorp met vriendelike inwoners. Die "Chicken schnitzel" met vars sampioen-kaassous by die plaaslike hotel is hoogs aan te beveel."
"We chose Hanover as a stopover between Joburg and Cape Town because of its location on the map. The town is very run down. For us, it was close enough to Cape Town to make the next day's trip easier."
"Die plaaslewe buite Hanover is 'n moet op elkeen se "bucketlist". Hanover die dorpie self is maar klein en kan mens net die nodige winkels daar kry."
"Klein dorpie waar daar niks aangaan nie, maar goed geleë vir 'n stop vanaf Kaapstad na Johannesburg."
"Was bekommerd oor veiligheid, maar dit was uiteindelik geen probleem nie. Daar is baie meer aan Hanover as wat mens aanvanklik van die N1 af sien."
"Die plaaslike inwoners is vriendelik en behulpsaam. Die dorpie is netjies en 'n mens kan alle noodsaaklikhede daar kry. Daar is 'n verskeidenheid van mooi, ou geboue en die trappies op Trappieskop waarvandaan 'n mens oor die hele dorp en omgewing kan kyk."
"Dorp onnet en redelik vervalle. Kan verstaan dat Covid 'n impak gehad het, maar kry indruk dat almal opgegee het. Dink besigheidseienaars moet terugploeg om dorp netjies te kry. Dit sal ook help met werkloosheid. Goeie ligging tussen Gauteng en Kaap."