Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Hondeklipbaai

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hondeklipbaai bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 325 resensies.

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Neem jou eie vleis saam. Rustige gevoel."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Dankbaar vir die nuwe restaurant maar baie teleurgesteld oor die Rooispinnekop - die kliëntdiens was swak. Dop en Kreef se atmosfeer was baie lekker en die kos is lekker. Ek verstaan jy moet dit wat jy benodig saamvat, maar ek kon sien dat die winkeltjies ook nie meer dieselfde is as 4 jaar gelede nie, maar ek is steeds dankbaar dat daar winkeltjies is. Die kragprobleem na die donderweer is vinnig deur die munisipaliteit opgelos. Die water was net die eerste 2 dae 'n probleem, maar die res van die vakansie het ons geen probleme gehad nie. Oor die algemeen is ek mal oor Hondeklipbaai en sal verseker weer daar gaan vakansie hou. "

Hondeklipbaai

Honne-Hemel: Oubaas

"Dit was 'n belewenis om Hondeklipbaai te besoek. Die mense is wonderlik. "

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"As jy daar aankom voel jy klaar tuis. Goeie restaurante met baie lekker kos. Kan kilometers ver stap. Stillerige dorpie en nie baie groot nie, kan om dorpie loop. Almal baie vriendelik. Kinders speel in skoolvakansie op die strand, heel veilig. Jou honde is ook baie welkom. Kuier sommer saam met dorpshonde en kinders op die strand en in strate. Voel sonder kommernisse as jy daar is. Net die plek vir rustigheid. "

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Ons het baie lekker seekos by 'n plaaslike restaurant geëet!"

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Baie mooi dorpie."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Maak net voorsiening as jy op 'n Sondag daar oorslaap. Restaurante maak vroeg toe. Pragtige omgewing."

Hondeklipbaai

Honne-Hemel: Oubaas

"Ek dink Hondeklipbaai kan 'n goeie toeristebestemming raak as die pad net verbeter word. "

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Very bad roads and little to find there - take everything you require along."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Miskien sal dit in die toekoms nodig wees om reisigers sonder SUV's of 4x4's af te raai om tot daar te gaan - die paaie soontoe is baie sleg vir gewone sedan-motors."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Klein dorpie, maar pragtige strand en eetplekkies."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Nie juis baie besienswaardighede nie, maar 'n ideale plek om te ontspan. Dit is wel 'n goeie plan om vanaf Soebatsfontein deur die park te ry tot by Skilpadplaas. Let wel: Die voertuig moet hoog wees om oor baie hoë keerwalle te ry!"

Hondeklipbaai

Honne-Hemel: Oubaas

"Hondeklipbaai is nie vir die ou wat hou van 'n gewemel van mense om jou nie. Dis 'n klein kusdorpie met uiters min inkopiegeleenthede, so pak als wat jy benodig. Die mense is vriendelik en behulpsaam en daar is 'n paar restaurante vir so bietjie uiteet uit die boonste rakke. Los jou groot beursie by die huis, want mens raak maklik verlief op die plek en voor jy jou oë uitvee koop jy dalk jou eie stukkie grond daar. Dis 'n absolute moet vir enige reisiger."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Baie oulike plek, veral omdat dit baie onontwikkeld is. Daar is geen vulstasie op Hondeklipbaai nie."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Dit was 'n heerlike verblyf asook om die skeepswrakke te kon sien en die lugtoring. Die Hondeklipbaaiers is baie vriendelike mense - sal beslis weer teruggaan!"

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Heerlike plek. Baie rustig en baie mooi. Ons was daar oor nuwejaar en ongelukkig was al die restaurante toe op die 31ste en die 1ste."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Onthou om te bespreek as jy in die aand wil uiteet op die Weskus - meeste restaurant maak toe en die paar (een in Hondeklipbaai) wat oop is, aanvaar slegs gaste met besprekings."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Beautiful, quiet relaxing place."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Hondeklipbaai kan nog ontwikkel tot 'n baie gesogte toeriste bestemming!"

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Ek dink dit is nog nie ontdek en dankie tog daar is nog sulke plekkies waar jy nie dood getrap word in rye nie. Ek sal weer en weer terug gaan bloot net omdat selfs in die blomme seisoen dit rustig was."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Talentvolle inwoners (skilders) wat die besoek die moeite werd gemaak het."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Die dorpie het my verras want die 1x winkeltjie het eintlik meer as wat nodig is om aan die lewe te bly. Die gemeenskap is baie vriendelik. Die stilte was heerlik. Die pad daarheen is plek plek bietjie kwaai uitgery en erg sinkplaat so ek sou 'n SUV eerder as 'n gewone motor aanbeveel."

Hondeklipbaai

Honne-Hemel: Oubaas

"Wonderlike paadjies langs die see waar mens kan stap of ry. Die regte plek om te rus. Vriendelike mense."

Blad
Blad 11 - Wys 301 tot 325
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem