Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Hondeklipbaai

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hondeklipbaai bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 325 resensies.

Hondeklipbaai

The Dogstone Cottage

"A safe, hospitable and friendly destination. Well worth a visit to experience the unique small fishing village vibe with stunning sunsets and wonderful natural surrounds. We’ll be back!"

Hondeklipbaai

By die Baai

"Awesome. Ons volgende trip is binnekort. Love daai plek."

Hondeklipbaai

The Dogstone Cottage

"Dit is 'n baie klein plekkie, daar's nie groot winkels nie, ook nie petrol nie. Gooi vir die laaste keer in voordat jy afdraai na Hondeklipbaai. Ons Camini het daar begin, en wat 'n belewenis. Dis lewensveranderend. Die Dop en Kreef Restaurant is so eie aan die plek met die lekkerste viskos. Baie dankie!"

Hondeklipbaai

Fisherman's Cottage

"Wow, meer as wat ek verwag het. Dis een ongerepte, ongelooflike, lieflike plekkie wat ek sommer my tuiste wil maak."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"'n Moet besoek. Gaan eet by die Rooi Spinnekop restaurant. Andre die eienaar is baie vriendelik en sy kos is fantasties."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Onskuldige, pragtige dorpie. Sal ons hopelik gou weer sien."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Lekker, rustige dorpie waar jy kan ontspan. Regte Weskus-seedorpie!"

Hondeklipbaai

Langenhoven Cottage

"As jy 'n luukse vakansie met baie doendinge verwag, is dit nie die plek vir jou nie. Regte visserman-dorpie. Pragtige strande wat jy slegs met 'n 4x4 kan bereik."

Hondeklipbaai

Honne-Hemel: Oubaas

"Restaurant se kos is tops en as die vissers terugkeer met hul vangs is dit 'n belewenis om te sien hoe 'n mens van die see kan lewe."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Dit is 'n pragtige skoon dorp. Mens kan sien die munisipaliteit sit geld terug in die dorp in. Die ondervinding is definitief die van 'n Noord-Kaap omgewing. 'n Plek waar mens rustig kan word. 'n Moet bestemming."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"'n Moet-besoek vir enigeen wat rustigheid soek."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Baie rustige atmosfeer, as jy 'n week hier moet bly sal jy soos 'n nuwe mens voel. Die paaie is nie te sleg nie."

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"The place is beautiful. Worth seeing."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Baie oulike kusdorpie, vriendelike mense, stapvriendelik."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Dit was vir my baie hartseer dat die Kreef fabriek so verwoes is. Die paaie was net erg sleg as vevolg van die baie reën en die pad tussen Hondeklipbaai en Koinaas was weggespoel. Kan vir baie langer tye daar gaan rus. Die sonsondergang en die see is net wonderlik. Dis 'n wonderlike plek."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"As jy wil rus en vrede hê ver van alles en almal, is dit die plek vir jou."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Besoekers aan Hondeklipbaai onthou om genoeg kontant saam te neem en alles wat jy nodig het vir jou verblyf. Naaste inkopieplek is Springbok. Daar is privaat restaurantjies om lekker te eet. Wees gereed om baie grondpaaie te ry. Meeste van die paaie is in 'n goeie toestand."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Net 'n rusdorpie met vriendelike inwoners."

Hondeklipbaai

The Dogstone Cottage

"Recommend to those who really want to get away."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"The town was a bit of a dissapointment."

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Ons gunsteling vakansieplek en verseker ons aftreeplekkie eendag."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"As jy gaan vir rustigheid en om weg te kom van die stad se lawaai is dit die plek vir jou. Daar is egter nie baie om te sien in Hondeklipbaai nie maar ons het lekker gekuier by Dop en Kreef."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Die armoede en die min waarmee mense daar moet klaarkom is baie touching. Daar is nie eens 'n behoorlike skool nie. Die bevolking het afgeneem tot 300. Gaan dit oor 'n paar jaar 'n spookdorp wees?"

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Stil dorpie. Nie regtig winkels in omgewing nie. Sal aanbeveel dat vakansiegangers inkopies gaan doen in Sprinbok voor hul deurry na Hondeklipbaai. Moet verkieslik nie Google Maps volg. Baie grondpaaie."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Sal vir my 'n erf kom koop so lekker is dit daar."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Dit was die moeite werd om die 80 km-grondpad te ry. Mense was vriende en kos by Dof en Kreef was ook lekker. Sal vir seker weer kom kuier. "

Hondeklipbaai

Rooi Spinnekop Accommodation and Restaurant

"Die dorpie lyk maar armsalig maar dis heel veilig in die strate te stap en die mense is vriendelik, die enigste hartseer ding is dat die actual hondeklip bekrap is met graffiti, so dis moeilik om te verstaan."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Dis net die regte plek om jou siel te verkwik."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Te stil vir my tieners!"

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Die dorpie is 'n wonderlike plek om te stop as deel van 'n road trip. Die mense in die dorp is ongelooflik vriendelik en die natuur skoon is iets om te beleef. Ek sal definitief die calamari by die Rooi Spinnekop-restaurant aanbeveel."

Blad
Blad 3 - Wys 61 tot 90
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem