Verified Reviews
Johannesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Johannesburg
Rated 4.1 out of 5 based on 756 reviews.
"Alhoewel Randburg 'n bedrywige plek is, is die ligging goed en is daar iets van als en nog meer om jouself mee besig te hou. Monte Casino is natuurlik 'n groot aantrekkingskrag in daardie omgewing en absoluut die moeite werd om te besoek."
"Ek sou dit eerder 'n besigheidsbestemming noem, as toeristebestemming."
"24 uur winkels beskikbaar wat 'n plus was omdat ons naweek baie besig was, maar dit het net nie veilig gevoel om na ure daar te stop nie. Gelukkig is daar baie vulstasies wat ook 24 uur oop is en ons kon alles kry wat ons benodig het. Woolworths Food was natuurlik ook naby en het altyd goeie gehalte kossoorte."
"Northcliff is 'n pragtige plek om oor te bly en naby genoeg aan die beste restaurante, teater in Sandton asook Cresta winkelsentrum."
"Linden is centrally located and is a great place to base yourself if you are spending time in and around Johannesburg."
"Craighall is in close proximity to all major places be it Randburg, Sandton, Rosebank. "
"Montecasino met sy goeie vertonings en uitstekende restaurante behoort op elkeen se bucket list te wees. "
"Oulike dorp behalwe dat daar geen wegneemeetplekke oop was op 'n Sondagaand na ons klaar gemaak het en opgepak het by die dome nie, was verbaas dat al die groot handelsname vroeg gesluit het en toe was vir so 'n groot dorp, self die garage se winkel het niks oorgehad in warm etes om te bied nie."
"Linden is baie naby aan Parkhurst, ons het 'n paar plekke in Parkhurst se 4th Street besoek oor die naweek en was baie beïndruk met alles wat mens kon doen daar. Al die eetplekke was pragtig en dit was moeilik om een te kies waar ons wou eet."
"Daar is baie winkels en banke naby, dit was baie naby die atletiek stadium sowel as die kinders se hotel waar hulle tuis gegaan het. Sal enige een aanraai om daar te bly. Ons het baie veilig gevoel en die plek is toegerus met kameras ook. "