Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1877 resensies.
"Sutherland is 'n klein, ongerepte, plattelandse dorpie. Dit het 'n eie aardigheid wat mens kan waardeer, siene hoe afgeleë dit is. "
"Interessante inligting met besoeke aan die besienswaardighede. Nul grade was toe nie só koud nie."
"Ons was baie teleurgesteld oor die totale onbereikbaarheid van die persoon wat die NP van Wyk Louw huis aan belangstellendes moet wys. Haar nommer lui net en ons verneem toe by ander gaste dat dit die norm is. Die huis is 'n erfenis-skat en behoort beskikbaar te wees vir besoekers. Baie dankie aan die koster van die historiese kerk vir 'n wonderlike kerkgebou-toer en komplimentêre geskiedenis-oorsig van die dorp en kerk. "
"Very friendly, safe town. Actually surreal! We were pleasantly surprised by it and the people of the town. A very supportive and warm community. We can't wait to be back."
"Dit is seker die skoonste en vriendelikste dorp in Suid-Afrika! Sal definitief weer gaan kuier in Prins Albert."
"Sterre en nogmaals sterre! Doen en kyk als oor die sterre. Gemaklik om oral heen te loop en te verken!"
"Alles is baie nice in Sutherland, voel of die tyd stilgestaan het. Net die ontvangsdame by die sterrewagsentrum is vrek ongeskik gewees. Sal niemand soontoe aanbeveel nie."
"SALT besoek was fantasties en Stargazing by Sterland werklik 'n ondervinding wat ons vreeslik geniet het. "
"Pragtige dorpie, volgende keer bly ek beslis langer om die dorp en omgewing behoorlik te kan verken."
"Baie lekker dorp met oulike mense. Baie lekker vir gesinne en baie veilig. Lazy Lizard is tops met kosse en sorg ook vir vegetariërs en gluten free resepte wat 'n mens nie baie of sal ons se glad nie op meeste plattelandse dorpies kry. Nice plek gaan definitief weer die dorp besoek."
"Dit is 'n klein dorpie, maar so netjies. Ons het 'n heerlike ondervinding gehad om oor die pas te ry na Sutherland. Ons het dit gedoen met 'n Honda Civic en wat prentjie mooi omgewing. Pas is steil en die senuwees moet dit hou, Net nie vir reën seisoen nie. Ek sal definitief weer daar oorbly."
"Pragtige klein dorpie met baie om te sien vir 'n naweek. Ongelukkig val die plaaslike inwoners mens heeltyd lastig vir geld, kos ens. Daar is oor 'n naweek vier keer by ons gebedel, waarvan drie keer by die kothuis was."
"SALT se begeleide toer 'n moet. Planetarium in die dorp 'n baie lekker ervaring. Hoop toerisme hou hierdie dorpie so aan die gang. "
"Ons geniet altyd vir Prins Albert! Die Showroom is uitstekend, dit is ook een van die oorwegende redes om Prins Albert te besoek. Dit is ook deel van my geskiedenis. "
"Gelukwensing aan die bestuur van die dorp en sy mense vir die insette om hierdie plattelandse dorpie so versorg te hou. "