Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 3690 reviews.
"Ek het meer verwag van die Saterdag se stalletjies, verder is dit 'n pragtige dorpie."
"Robertson has a lot to offer, and of course Klipdrift is located close by and De Wetshof winery went the extra mile in welcoming us and you can do contact them also to arrange a tasting, to name just a few."
"Daar is nie veel om te doen nie, maar kan Fowlers Grill vir seker aanbeveel as eetplek en die Mountain Mill Mall het fliek en eetplekke en genoeg winkels as jy wil uitkom en iets nodig het."
"If I could move there permanently I would. It is one of the most beautiful places in the Cape."
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
Shades of Provence"Pragtige dorp met pragtige omliggende natuur en interessante eetplekkies en winkels."
"My tyd in Die Boord was net te kort om alles te kon sien, maar ek sal dit aanbeveel aan ander."
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
Villa Anna Katarina"'n Mens dwaal vinnig deur die paar besienswaardighede van die sentrale deel van die dorp. 'n Mens moet dan uitwyk na die wynplase en 'n keuse maak waar om oor 'n middagete te kuier. Ons verkies 'n rustige atmosfeer, dus sal ons altyd lekker in Riebeek Kasteel kuier. Die rustigheid en vriendelike inwoners is 'n trekpleister. Ons gastehuis, Anna Katarina, was 'n uitstekende keuse. Daar is genoeg verblyf om van te kies asook baie restaurante. Die vallei is asemrowend mooi. Waar word 'n mens nog wakker gemaak deur die gekraai van 'n haan? Ons het dit baie geniet. Ek sal dit aanbeveel."
"Pragtige, stil, skoon dorp waar alles wat jy nodig het op Worcester te kry is. Naby aan 'n aantal goeie wynplase en interessante eetplekke."
"Ek was nog altyd 'n baie groot liefhebber van Montagu en was al bitter baie daar vir oornag akkomodasie of vakansie. My laaste 2 ergvarings was dus dat ek die "locals" baie onvriendelik vind. Ek bly self op 'n klein dorp en hier groet almal mekaar en dit was voorheen die gevoel wat ek op Montagu gekry het, maar laaste twee besoeke was dit nie die geval. "
"Ek wil graag soontoe trek, so ek is "biased", absoluut wonderlik daar."