Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3635 resensies.
"If you like wine olives cheese then this area is one to visit. The history and culture of it and its surrounding areas is well worth investigating. It is suffering as many other areas in this part of the Cape from congestion."
"Het het slegs een nag oorgeslaap nadat ek 'n funksie in die omgewing bygewoon het, so ek weet nie regtig wat die toeriste-aktiwiteite van die omgewing is nie, maar die natuurskoon is uit die boonste rakke en ek sal beslis 'n plan maak om meer van die omgewing uit te vind."
"Hermon is 'n baie klein gehuggie, maar die toeriste aantreklikheid is Riebeek Kasteel, 'n klipgooi daarvandaan."
"Die hele dorpie het 'n wonderlike atmosfeer en die wynplase is great! Baie om ook in die omgewing te doen. "
"Klapmuts lyk nie na netjiese/veilige buurt nie. Maar wel naby aan die mooie Paarl/Stellenbosch. Fairview/Babylonstoren/nog vele Wynkelders naby. Soos hele SA is mooi en slordig bure."
"Worcester is pragtig. Omrig deur asemrowende berge. Die mense is vriendelik en die dorp is warm met 'n goeie klimaat en reënval. Net 'n fantastiese plek."
"Brandwacht self is 'n woonbuurt van Stellenbosch. Dit is 'n goeie toeristebestemming vir die omgewing."
"Die skoonste dorp wat ek nog in my lewe gesien het en al die mense is so hulpvaardig en vriendelik."
"Ons het ons eie wyntoer deur die omgewing gehou, oral wyn geproe en aangekoop by die wynkelders, heerlike Chardonnay en Sauvignon Blanc ontdek, ons het oral vriendelike diens en gasvrye mense ervaar, Robertson het pragtige, groen tuine by hul toeriste-bestemmings, en oral is 'n heerlike ontspanne en gesellige atmosfeer!"
"Baie om te eet, maar min om te doen tensy mens verder ry. Alles maak te vroeg toe. "
"Dit sal lekker wees om 'n swemplek naby te hê vir die warm somermaande. "
"A quaint place to rest if travelling long distance. Lots of places to explore and visit if you have the time. Sufficient information about things to do and historical places and spaces to explore. Beautiful scenery and friendly people. "