Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 4725 resensies.
"Pragtige stad, baie om te doen en sien! Sal beslis weer binnekort terugkeer."
"Very best location for a holiday - plan your trip and make bookings to get the full experience."
"Kaapstad se weer is altyd onvoorspelbaar, maar dit bly nogsteeds een van ons gunsteling vakansiebestemmings."
"Beira Mar restaurant in Kalk Bay is a must. Delicious food and friendly, efficient staff."
"Die beste plek om te wees in SA. Skoon en vars lug, voel mens is in 'n ander land."
"Ons kon maklik inry stad toe en daar verskeie dinge doen, onder andere na 'n rugbywedstryd gaan kyk in die stadion naby V&A Waterfront."
"Dis pragtig, maar duur. Die weer was nie baie nice nie. Glad nie 'n plek waar ek sal wil bly nie."
"Alles werk en alles word in stand gehou. Plesier om hier in die stad te wees. Wens die ander provinsies wil leer by die beste."
"Kaapstad se dienste was goed, paaie in 'n goeie toestand en al die strande was mooi skoon."
"Die suid-ooster het ons amper daagliks weggewaai. November, Desember en moontlik Januarie is nie vir ons Mpumalangamense aangenaam in die Kaap nie. Miskien Februarie en Maart en April, maar Mei tot Oktober is dit reën. Ons kind woon in Blouberg en ons kuier gereeld daar. Die Kaap se voordeel is dat die plaaslike owerhede doen hulle werk en die werkers by die winkels is baie vriendelik en daar is nie soveel rommel en slaggate in die strate nie. Dis al rede hoekom ons Kaap toe gaan. "
"Wonderlike bestemming, mooiste natuurskoon. Omgewing en besienswaardighede om van te droom."
"Kaapstad is 'n baie bekende toeristebestemming. Dit bied 'n verskeindenheid van aktiwieteite."
"Sad that the crime is leaking in. We were turned away from Signal Hill and had a smash and grab when our car was parked at the base of the Table Mountain hike, and Cecilia Forest right in front of the guard house."