Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11380 reviews.
"Trotse Karoo-dorp. Netjies en skoon. Heerlike restaurante met goeie diens en goeie kos. Beslis 'n plek om op jou "moet besoek" lysie te sit."
"Baie oulike klien dorpie met kunswinkels en restaurante met karakter."
"Philippolis is 'n bitter klein dorpie met 'n paar historiese geboue as dit is waarin jy belangstel. Die paaie is uiters swak en vol slaggate. Daar is net een basiese petrolstasie en min eetplekke."
"Die Bordeaux restaurant was 'n absolute belewenis! Met krummelpap, skaapstertjies, sagopoeding en melktert op die spyskaart is dit die beste ervaring."
"Dit is 'n juweel van 'n dorpie waar mens lekker bly en eet. 'n Gerieflike oorstop op pad na Kaapstad."
"Dorpie was lekker besig met die Owl Route-fietsrybyeenkoms. Daar is genoeg kroeë en restaurante om na almal om te sien. Daar is nie'n OTM of 'n vulstasie nie, en op sekere plekke is die sein vir Vodacom swak."
"Dit is jammer dat daar so baie informele verkope op die sypaadjies plaasvind en daar aangedring word op 'n geldjie."
"Dorp en paaie is baie vervalle en vol slaggate. Eetplekke is skaars en die restaurant by die hotel waarna ons verwys is, se kos was swak. "