Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Daar was 'n hele aantal mense wat 'n luide partytjie by die wal gehou het. Musiek het geblêr, lywe het rondgeswaai, mense het hard geskree en papiere was die wêreld vol. Hierdie tipe gedrag moet bekamp word sodat almal wat daar kom dit kan geniet en nie net 'n klomp mense wat geen plek aan ander gun nie."
"Ideaal geleë na 'n lang dag se ry. Hier en daar laat die kleure van die huise mens dink aan die Bo-Kaap."
"Ek het my hart op Nieu-Bethesda verloor! Dit is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en is so rustig. Dit was lekker om vroegoggend 'n hoenderhaan te hoor kraai en saans kon ons nog veilig in die strate rondloop. Die Uilhuis en Helen Martins se hartseer verhaal was een van my hoogtepunte met ons besoek daar. Ek gaan beslis weer hierdie spesiale dorp besoek in die toekoms."
"Die dorp op homself is besig om agteruit te gaan. Dit is 'n tipiese plattelandse dorpie met net die nodige fasiliteite vir 'n oornag stop."
"'n Moet om daar te gaan kuier en al die wonderlike klein onbekende juwele te gaan ontdek. Pragtige dorp. "
"Lieflike dorp, veral ons uiteet die aand by Riverview Lodge was fantasties met goeie kos en goeie diens."
"Ons was baie spyt dat ons slegs een aand daar oorgeslaap het - daar was soveel wat ons nog graag wou sien maar die tyd was te min."
"Nieu-Bethesda bied baie meer as net die uilhuis. Dit is 'n pragtige dorpie om te besoek met puik verblyf en lekker eetplekke, maar ook baie rustig om net die natuur te geniet en te ontspan. Dit was ons tweede besoek, en ons sal verseker weer terugkeer."
"Prince Albert is 'n mooi plattelandse dorpie wat goed bestuur word en 'n gemeenskap het wat baie betrokke is. 'n Verrassing by die kaasfabriek op die punt van die dorp was uitstekende boerewors!"
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"Drie Susters is maar net 'n kruispunt van paaie, maar dis 'n haalbare afstand om te ry vanaf Pretoria. Die "Drie Susters" (berge) is natuurlik 'n foto werd! Daar is ook 'n goeie vulstasie met alle geriewe."
"Willowmore is a fair destination. Tourist info office is very helpful. Some interesting places to see. One needs half a day to see all that is on offer."
"Daar is 'n lewendige atmosfeer in die klein dorpie met sy historiese huisies en geboue, asook allerhande interessante snuffelwinkels en eetplekke."