Geverifieerde Resensie
Knysna
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Knysna bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 779 resensies.
"Pragtige toerismebestemming met baie om te sien en doen. Buitelugaktiwiteite, heerlike restaurante en pragtige winkels."
"Ek hou graag vakansie in die omgewing, natuur is asemrowend en daar is baie doendinge om die tyd te verwyl."
"Knysna is a little piece of heaven. It is absolutely exquisite. A traveller is spoilt for choice from the river to sea, mountain to beach, there is something for everyone."
"Definitief 'n aangename plek. Knysna is natuurskoonheid op sy eie. Baie netjiese dorp."
"Amazing holiday destination filled with so much to do. Caters for every budget. People don't greet much though."
"Was wonderlik om weer die gebied na 20 jaar te kon sien. Dit is baie veilig en rustig met die mooiste natuurskoon."
"Doen moeite en gaan sien alle besienswaardighede, die groot geelhoutboom, Monkeyland, Birds of Eden, Jukani en soveel meer."
"Pragtige plekkie. Dit is lekker om rond te stap en plekkies te ontdek. Moeilik vir ouer persone wat in 'n rolstoel is of moeilik stap om al die trappe te stap tot by see. Groen met baie bosse, pragtig."
"Ek sal enige tyd die vakansiedorp besoek en dit aanbeveel vir vriende en familie."
"Besighede was nie oop nie oor die Paasnaweek nie. Vakansie-atmosfeer is fantasties met goeie water-vermaaklikheid."
"As jy nog nooit daar was nie, maak 'n plan. Ek sal baie van my volgende vakansies in die omgewing hê."
"Daar is soveel ryk geskiedenis in Knysna en omgewing dat dit dalk wys is om 'n bietjie na te lees oor die dorp of van 'n toergids gebruik te maak, anders mis jy dalk van die weggesteekte juwele!"