Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6800 reviews.
"Baie rustige kusdorp, definitief 'n plus vir hengel van die rotse af. Ideaal vir mense wat lief is vir stap en die natuur. "
"'n Mens moet die Mooi Rivier ten minste een keer in jou lewe besoek. "
"Ons geniet dit altyd om soontoe te gaan. Dis meestal baie rustig en mense baie vriendelik. "
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Forest Lodge"Ons is vreeslik lief vir die bestemming, en het al vantevore ook hierso besoek. Daar is vreeslik baie lekker uitstappies en mens behoort hier te besoek vir ten minste 4 dae om als te ervaar."
"Baie mooi area, goed geleë en naby alles wat jy nodig het. Loopafstand van strand en winkels af."
"Buite seisoen is dit rerig stil,en alles wat jy nodig het is baie naby die woonstel. Bekostigbare eetplekke net om die draai, en hang af hoe avontuurlustig jy is, is daar genoeg plekke en besienswaardighede as jy bereid is om 'n bietjie uit te ry."
"Manaba, asook groot dele van die Suidkus, is tans deurspek met misdaad. Ek kom van Gauteng en voel onveilig in die Suidkus."
"Sodwanabaai is een van die beste vakansiedorpe wat daar is en dit is steeds baie lekker om soontoe te gaan. Sodwana Bay Lodge se restaurant en Spa kan ons aanbeveel. Restaurante buite in die dorpie is net so goed, veral The Lighthouse. Sodwanabaai sal altyd in harte wees en ons sal beslis weer besoek. Dis 'n juweel op sy eie en iets wat mens self moet ervaar om te besef hoe mooi en ongerep die omgewing is. Die toilette naby Sodwanabaai se strand en Coral Reef Beach Shop is netjies. Die ander naby die hoofstrand kan bietjie opgeknap word."