Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6834 reviews.
"Ons het Ramsgate werklik geniet omdat die omgewing baie stil is. Ons het baie plekkies en winkels gaan besoek en dit was heerlik. Ek sal Ramsgate enige tyd vir mense aanbeveel. "
"Small and sleepy coastal town but very central so it is ideal if you want to travel up or down the South Coast for a day trip."
"Daar is soveel geskiedkundige plekke wat ons nog wil gaan besoek. Vryheid is baie sentraal ten opsigte van die ryk geskiedkundige gebied wat 'n mens kan besoek. "
"Ek kan die Lemon Tree Restaurant sterk aan beveel. Underberg is n mooi klein dorpie waar jy alles wat nodig is as toeris kan kry. "
"Bergville as a town is not a great destination, but the surrounding mountains are great."
"Underberg is soos meeste dorpe in die omgewing maar bedrywig met baie voetgangers en karre in die middedorp. Maar die Superspar het als wat jy sal benodig van hout tot sjerrie vir die winter. As verblyf, om die pragtige omliggende areas te verken, is Underberg beslis die perfekte keuse."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Flamboyant 7"Must stay for a minimum of 4 nights stay to get to visit all attractions. "
"Lekker naby baie plekke. Als hang af van jou behoefte af. Naby gholfbane, strande, eetplekke en mooi uitsigte. Walvisverskynings was volop, asook 'n paar dolfyne. Die kusgebied is ongelukkig egter baie besoedel."
"Doonside is baie sentraal gelee. Jy het toegang na pragtige strande en inkopiesentrums. Dis ook net 25 minute van Durban af as jy daar besigheid moet doen."
"Die Mac Bananna is beslis 'n heerlike dag wegbreek en pannekoek of ontbyt eet is 'n moet. Die winkelsentrums is heerlik skoon en glad nie so duur as wat verwag sou word binne seisoen nie. Ramsgate strand is heerlik skoon en beslis familie en swem vriendelik en Julie is ook dan natuur tyd, lekker weer, sonskyn strande en warm see water die opgewondenheid oor die sardien run is aansteeklik of jy visvang of nie. Croc world is energiek en leersaam en die slang park 'n groot verassing en leersaam. Ryp word van piesangs, Walvis speel plek regtig besonder, snorkel saam met ongenooide gaste, dolfyne en voortreflike eet plekke, apies wat rond rits, verskeie voëls en heerlike stap roetes langs die strand en in die plantasies. Elke kilometer was die moeite werd. Dankie Ramsgate vir die gratis "booklets" ivm omgewing gebeurtenisse dit het ons beslis gehelp. Julle rock!"
"Dit was die einde van die maand so die dorp was baie besig. By die winkel het ons vir omtrent 45 minute in 'n ry gestaan om iets te koop. Daar is 'n baie oulike restaurant in die dorpie met die naam "Mikes Restaurant". Baie vriendelike eienaar en die ontbyt was heerlik. Kon nie glo hoe goedkoop dit was en die hoeveelheid kos wat jy kry nie. Hier in Jozi kry jy dit nie. Verder is dit 'n pragtige plekkie! Dit is mooi in die winter en ek kan net dink hoe mooi dit n die somer moet wees."
"Warm climate and people. Beautiful and untouched beauty. You should try it! "
"Een van die beste strande vir die vissermanne. Altyd 'n plekkie om lyne nat te maak."