Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Lamberts Bay

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1255 resensies.

Lambertsbaai

96 op Strand

"Verskriklike mooi plekkie."

Lambertsbaai

Altyd Tuis

"A lovely coastal small town and people are very friendly and helpful. Definitely recommend as a break from the hustle and bustle of city life."

Lambertsbaai

Weskus Hokkie

"First time for us but as all towns as soon as a foreign vehicle is spotted the street beggars hound one. A visit to the doctor gives one peace of mind should one be required, tourist information was very helpful and friendly and the local supermarket provides all ones food requirements. I'm told the time to be there is during the Snoek run."

Lambertsbaai

Ocean View

"Lambertsbaai het 'n klein vissershawe, maar die dorp is gewild en die see so blou. Daar is heerlike eetplekke en klein winkels wat besoek kan word. Dit sal altyd 'n uitstekende vakansiebestemming wees. 'n Mens kan lang ente langs die see stap met fantastiese uitsigte."

Lambertsbaai

Wave Song

"Lambertsbaai is ver genoeg van die Kaap af dat daar nie so baie mense is nie, maar dit is naby genoeg om vir ’n naweek te gaan. Daar is lang, toeganklinke en mooi strande plus oorgenoeg rotspoele en branders wat breek. Die dorp het ook genoeg winkels en restaurante dat mens net die minimum hoef saam te vat. Bird Island was ook vir ons absoluut die moeite werd."

Lambertsbaai

Altyd Tuis

"So mooi wou nie huis toe gaan nie. Lief vir die Weskusdorpie."

Lambertsbaai

Farmer Burgers Akkommodasie

"Gasvrye mense met die lekkerste kos by restaurante. ‘n Heerlike wegbreek."

Lambertsbaai

Weskus Grotjie

"Lunch at Isabella’s and a tour of Bird Island is a must when visiting this gem."

Lambertsbaai

Lazy Days Apartments: Lamberts Bay - 84 Voortrekker

"Geniet die dorp, maar was nie 'n mooi gesig om te sien dat soveel jong mense op die strand alkohol gebruik en harde musiek luister nie. En die paadjie by die jetty het middag drankbaan geraak vir jong kinders waar hulle oop en bloot hulle vergryp het aan drank en dwelms. Dit is nogal 'n afskrikding. Ek dink polisie en leiers van die gemeenskap kan regtig iets doen. Kon sien dat geen Covid-protokol gevolg was vir die dagkamp nie. Maar dit is 'n lekker vriendelike dorpie, so ek dink dit is ietsie klein wat later 'n slegte inpak op die dorp kan maak. So as daar nou aan dit gewerk word, kan dit net beter gaan. Dit is altyd lekker om daarheen te gaan, maar sal hartseer wees as sulke goed maak dat ons ander kuierbestemming moet kies. Sien uit om volgende keer weer daar lekker te kom afpak."

Lambertsbaai

Weskus Hokkie

"Baie hartseer oor die effe verval van die Weskusdorpie. By Bird Island het die plastiek saam met heelwat dooie kommorante in die hawe gedryf. Nee man Cape Nature en plaaslike munisipaliteit!"

Lambertsbaai

Aan't See House and Apartment

"Dis 'n pragtige en gasvrye dorp. Ons het 'n troue bygewoon, maar sal beslis weer die Weskus dorp besoek!"

Lambertsbaai

Aan't See House and Apartment

"Ons was net 2 dae in Lambertsbaai, het die omgewing baie geniet."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Rustig en pragtig."

Lambertsbaai

Ouma See

"Die dorp is bietjie stil, maar Muisbosskerm, Isabellas en Alle Dingen was ’n groot verrassing. Daar is klein juweeltjies en ons het ’n kerkdiens bygewoon. Ons het welkom gevoel. Ons het heerlik gerus na ’n baie stresvolle 2020! Lambertsbaai se mense is ongelooflik vriendelik en behulpsaam!"

Lambertsbaai

Weskus Quarry

"Small fishing village, could not find a place to buy fresh fish, however, it was on a Saturday afternoon so places may have already been closed."

Lambertsbaai

Altyd Tuis

"Rustig vir die siel."

Lambertsbaai

Aan't See House and Apartment

"Die lekkerste dorpie om in te rus, net jammer dit is sover van Bloemfontein."

Lambertsbaai

Lekke Ekke

"Dit is bietjie te ver uit Kaapstad uit vir een aand. Ons wou nog baie meer gesien het, maar die tyd was bietjie beperk. Veral met die inperking wat steeds in plek was tydens ons besoek."

Lambertsbaai

Weskus Grotjie

"Vir 'n lekker ondervinding en goeie, vars vis kan mens gerus by Muisbosskerm inval."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Maklik die beste plek om vakansie te hou."

Lambertsbaai

Weskus Quarry

"Baie rustige, stil dorpie, met baie vriendelike inwoners."

Lambertsbaai

Raston Guest House

"Was jammer en vreemd om al die strande leeg te sien gedurende grendel-tydperk vlak 3."

Lambertsbaai

Albatross No. 5

"Ons gaan altyd na die Muisbosskerm-restaurant. Dis ’n moet om daar te gaan eet."

Lambertsbaai

Lambert's Bay Seafront

"Fantastiese Weskusdorp waar ons ongetwyfeld weer sal kuier."

Lambertsbaai

Bay Plaza

"’n Ware Weskus-dorpie, met die mooiste uitsig oor die see."

Lambertsbaai

Wave Song

"By Lambertsbaai kan mens lekker rustig vakansie hou. Daar is ’n kurio-winkel of twee. Daar is besienswaardighede en lekker eetplekke, onder andere Die Muisbosskerm."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Baie aangename rustige vakansieplek met vriendelike mense."

Lambertsbaai

Albatross No. 7

"Not much to do in Lamberts Bay I must say especially that we couldn't really eat out due to the lockdown. The lunch at Muisbosskerm was simply a feast!"

Lambertsbaai

Grootvlei Guest Farm

"Baie oulike kusdorp."

Lambertsbaai

Albatross No. 1

"Lekker Weskus-verblyf."

Blad
Blad 19 - Wys 541 tot 570
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem