Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Leeupoort Vakansiedorp

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Leeupoort Vakansiedorp bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 241 resensies.

Leeupoort Vakansiedorp

Ludakari

"Dit is 'n vakansiedorp, maar dit is meer as 'n dorp. "

Leeupoort Vakansiedorp

LaPumba

"Maak baie seker in watter kamp jy bespreek. Ons was nie bewus van die verskillende kampe en dat dit die erfgroottes beïnvloed nie. Ons het dit goed getref, maar daar was een spesifieke kamp wat werklik onaardig was. Veral in besige tye sal ek eerder 'n groter erf wat verder van bure af is aanbeveel. "

Leeupoort Vakansiedorp

Rustgevonden

"Die dorp self is nie vir ons baie aantreklik nie. Huise is soms te na aan mekaar gebou. Nou in die winter is daar te veel stof en alles lyk droog en grys. Baie strate is in 'n erge kondisie. By Leeukruin, waar Rustgevonden is, is die kondisie baie beter."

Leeupoort Vakansiedorp

Vir Altyd

"Hulle kan meer inligting verskaf oor die reservaat en die paaie opknap. Mens verdwaal baie maklik in die reservaat, omdat daar nie genoeg aanwysings is nie. Dalk kan hulle 'n wandelroete of hike maak vir mense wat graag wil stap en nie verdwaal nie."

Leeupoort Vakansiedorp

Savanna

"Netjies opgepas. Diere loop tussen die huise rond en paaie is ordentlik benoem en sigbaar."

Leeupoort Vakansiedorp

Leeupoort Boshuis

"Ideaal vir diegene wat in die natuur en stilte weg van die stad wil ontspan."

Leeupoort Vakansiedorp

Ludakari

"Baie lekker bosveldbestemming twee ure buite Pretoria."

Leeupoort Vakansiedorp

Rustgevonden

"Always great going to Leeupoort."

Leeupoort Vakansiedorp

Wharthog Corner Leeupoort

"Ons het so welkom gevoel en al die mense in Leeupoort is baie vriendelik!"

Leeupoort Vakansiedorp

Tarentaal Nes

"Ons oorweeg dit om daar af te tree. Is so rustig en veilig daar."

Leeupoort Vakansiedorp

Rustgevonden

"Die beste plek om net te ontspan en weg te breek van die stad se besige lewe"

Leeupoort Vakansiedorp

Bushbaby

"Signal bietjie sleg, maar niks kan gedoen word nie."

Leeupoort Vakansiedorp

Edube1356

"Safe and worth the money."

Leeupoort Vakansiedorp

Edube1356

"Stil, rustig, ongelooflike mooi bosveld en die diere is so mak."

Leeupoort Vakansiedorp

Hornbill Lodge

"Ons is mal oor Leeupoort Vakansiedorp."

Leeupoort Vakansiedorp

Tarentaal Nes

"Dis beslis 'n plek om weer met fauna en flora op 'n besonderse manier kontak te maak."

Leeupoort Vakansiedorp

Leeupoort Boshuis

"Me and my family enjoyed the whole stay there for the weekend."

Leeupoort Vakansiedorp

Cosmos Houthuis

"Rustige omgewing met wildlewe wat tussen die huise rondloop."

Leeupoort Vakansiedorp

Hawk 630

"Ons is mal oor Leeupoort."

Leeupoort Vakansiedorp

Vir Altyd

"Dis 'n baie rustige plek met baie diere wat elke dag kom groet."

Leeupoort Vakansiedorp

Bushbaby

"Daar was hier en daar rommel wat rondgelê het en van die huise kan regtig bietjie opgeknap word en gemors wat hulle so versamel weggooi/uit die oog hou. Vra tog die permanente inwoners om nie die diere met klippe en stokke te verjaag nie. As hulle nie daarvan hou nie, kan hulle mos stad toe trek!"

Leeupoort Vakansiedorp

Edube1356

"Leeupoort is nie net 'n plek vir rus vir die ligaam nie, sit is ook 'n plek vir rus vir die siel!"

Leeupoort Vakansiedorp

Ludakari

"Definitief die plek op jou plekke-om-te-gaan sit."

Leeupoort Vakansiedorp

Huisie in die bos

"Die dorp was baie rustig en die mense wat daar was is baie vriendelik. Ons het by die die restaurant geëet en was aangenaam verras met die kwaliteit van die kos. Die atmosfeer by die swembad was feestelik en daar is piekniektafels en braaiers by die swembad."

Leeupoort Vakansiedorp

Ifafa 732 Akkommodasie

"Die beste plek om te gaan met kinders wat lief is vir diere. Die bos en lekker fietsry. 'n Heerlike vakansie vir die hele gesin."

Leeupoort Vakansiedorp

Boshuske

"Paaie en winkel kort aandag. Mense baie vriendelik. "

Leeupoort Vakansiedorp

Vir Altyd

"Vriendelike mense."

Leeupoort Vakansiedorp

Leeupoort Galago Rest

"'n Pragtige, skoon en rustige plaasatmosfeer. Daar voel mens nog veilig."

Blad
Wys 1 tot 30