Geverifieerde Resensie
Loskop Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Loskop Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 102 resensies.
"As jy wil afskakel en rus is dit die beste plek min om te doen, so jy kan heerlik re-charge."
"A scenic and productive agricultural valley with the Oliphants River flowing through it, good for purchasing seasonal fruit and vegetables at the roadsides (oranges, grapes, sweet potatoes, cabbage, avos, litchis). The Wagendrift Road between Groblersdal and Loskop Dam (the stretch after the turnoff to Loskop Dam) has reached shockingly bad proportions and is so riddled with deep potholes that it is seriously advisable to drive slowly on the sand shoulder than on what's left of the tar road. The dam itself is magnificent as is the mountain pass and the rugged, rocky kranses and gorges that the road winds through, direction Middleburg. Well worth a trip."
"Potensiële vakansiegangers behoort meer volledig gewaarsku te word oor hitte en gevaar van sonbrand asook die baie muskiete."
"Its a great place, but make sure you are prepared for self-catering, there is nowhere on a night to go out and have dinner - especially if you have kids."
"Die teerpad tussen die Damwal en Loskop-vallei is in 'n baie slegte toestand. Dit lyk of 'n boer in die area self die pad probeer regmaak, maar die pad kort definitief opgradering."
"Met baie reën kan van die grondpaaie en strate 'n uitdaging wees vir kleiner motors, andersins pragtige bosveld."
"Die grondpaaie is maar rof en sal dit glad nie vir 'n sedan aanbeveel nie. Ons moes 6 km grondpad ry met 'n bakkie en dit was n riller. Rigting op die Avontuurpad tussen Middelburg en Groblersdal na Izinkwe Lodge."
"Dit is baie lekker om Kranspoort te besoek - dit is 'n rustige woonbuurt in die natuur en was heerlik om wilde diere te sien rondloop tussen die woonhuise om te eet en te drink by die water en kospunte. Die grondpaaie na die wild-area is beperk vir gewone voertuie, die meeste en grootste gedeelte van die grondpaaie is baie beslis nie vir enigiemand met gewone sedan-motors nie, dit is selfs ook nie geskik vir 'n lae 4x4-voertuig nie."
"Kranspoort is 'n baie mooi omgewing met Loskopdam wat 'n goeie toeristebestemming is naby. Ek glo in die somer sal dit nog mooier wees. Dis ook 'n baie veilige omgewing."
"Kranspoort is tans ons nommer 1 toeristebestemming in Mpumalanga. Dis 'n veilige pad soontoe, nie ver nie. Dis regtig 'n vakansiedorp, almal wat daar is, is daar om te ontspan. "