Geverifieerde Resensie

Magoebaskloof

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Magoebaskloof bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 451 resensies.

Haenertsburg, Magoebaskloof

Homeindahills

"Oulike dorpie. Ons sou wou gehad het dat die winkeltjies net bietjie later moes oopbly, want teen 19:00 het ons agtergekom het dat ons nie melk het nie en ons kon toe nerêns koop nie. Maar die restuarante is uitstekend met ‘n uitstekende uitsig en vriendelike mense. "

Magoebaskloof

Magoebaskloof Mountain Estate - Dungeon Cottage

"Soveel doendinge vir die natuurliefhebber. Regtig bederf met mooiste natuur tonele."

Magoebaskloof

Cheerio Trout Fishing & Holiday Resort

"Seker die mooiste wêrelddeel wat ek nog ooit besoek het."

Magoebaskloof

Pavetta Country House

"Mooi plek met baie goed om te doen."

Haenertsburg, Magoebaskloof

Stanford Lake Lodge

"Beautiful little town with lots of nice places to stay and eat!"

Haenertsburg, Magoebaskloof

Woodcutters Guest House

"'n Heerlike bestemming vir 'n naweek wegbreek om rustig te wees, tyd saam met gesin te spandeer, fietsry, birding, visvang, hiking ens."

Magoebaskloof

Coral Tree Campsite

"Baie om te sien en te doen met baie eetplekke!"

Haenertsburg, Magoebaskloof

Homeindahills

"Pragtige dorpie met wonderlike mense, ons het regtig baie lekker gebly."

Haenertsburg, Magoebaskloof

House of Art

"Pragtige dorpie geleë in asemrowende vallei, met verskeie aktiwiteite en restaurante! Sal sterk aan beveel!"

Magoebaskloof

Kingfisher Log Cabin

"A beautiful kloof!"

Magoebaskloof

Pinella and Castanea Farm Cottages

"Die natuur in Magoebaskloof is beeldskoon. Ons het die Debengeni Waterval besoek en die fasiliteite was goed versorg en skoon. Toeristeaktiwiteite in die omgewing was egter teleurstellend. Alhoewel al die aktiwiteite in die omgewing goed bemark is deur pamflette en op die internet, was meeste van die instansies gesluit in die laaste week van Januarie toe ons daar was. Die Wegraakbosch Plaas kon ons nie op die kaastoer neem of 'n bord van hul kase bedien nie. Sequoia Gardens en Zwakala Brouery was heeltemal gesluit sonder enige kennisgewings. Na 'n uur se ry van een instansie na die volgende op 'n moeilike grondpad het ons moed opgegee. 'n Jammerte, want ons sou graag die plaaslike toerisme wou ondersteun."

Magoebaskloof

Boscobel Cottages

"Dit is 'n goeie bestemming as jy weg wil kom van die stad af. Die pragtige klein dorpie Haenertsburg is 'n ekstra bonus om te besoek - dit laat jou voel tyd het bietjie stil gestaan. "

Haenertsburg, Magoebaskloof

House of Art

"Beeldskone area en die inwoners is uitstekend. Sal definitief weer 'n hele paar keer daar gaan kuier. "

Haenertsburg, Magoebaskloof

Art Gallery Guest House

"UItstekende lang naweekwegbreek. Die restaurante is almal puik."

Magoebaskloof

Magoebaskloof Mountain Estate - Dungeon Cottage

"Magoebaskloof is 'n belewenis/moet-sien bestemming wat dié wat lief is vir die natuur, stap, 'trail-running', MTB. Stap die Swartbos-staproete op 'n bewolkte dag. Gaan pluk bloubessies by Blueberryheights en geniet hul bloubessie-kaaskoek by die Mountain Cafe, dis 'n absolute moet. Jy het nog nie so iets geproe nie! Proe bier by Zwakala Mikro Brouery en gaan hou piekniek by die Debegeni Waterval."

Haenertsburg, Magoebaskloof

Stanford Lake Lodge

"Mooi dorpie vol interessante winkels en restaurante. "

George's Vallei, Magoebaskloof

Waterbessiebos Cottages

"Gaan dit beslis 'n jaarlikse instelling maak om die omgewing te besoek."

Magoebaskloof

Magoebaskloof Birders' Cottages

"Magoebaskloof is my gunsteling-bestemming. Die natuur is mooi. die toeriste-aantreklikhede is voldoende om besig te bly indien jy verkies. "

Magoebaskloof

Magoebaskloof Adventure Chalets

"Jy het meer as 'n naweek nodig om Magoebaskloof en al sy weggesteekte prag te ontdek en te verken. En onthou om altyd 'n warm dingetjie in te pak, want die weer is baie onvoorspelbaar."

Magoebaskloof

Cheerio Trout Fishing & Holiday Resort

"God het Magoebas geskep vir die natuurliefhebber, dis awesome."

Magoebaskloof

Forest Bird Lodge

"We love Magoebaskloof. Dit bied pragtige voetslaanroetes met 'n tropiese klimaat en lieflike restaurante."

George's Vallei, Magoebaskloof

Waterbessiebos Cottages

"Sprokies mooi. Seker die mooiste deel van ons land."

Haenertsburg, Magoebaskloof

Stanford Lake Lodge

"Skitterende toeristebestemming. Goeie koffie, koek en kos by die kuierplekke."

Magoebaskloof

Sanfern Downs Cottage

"Asemrowend! Verseker een van die mooiste dele van ons land!"

Magoebaskloof

Boscobel Cottages

"Enigste nadeel is die grondpaaie, dit kan nogal hectic raak, maar andersins is dit 'n wonderlike plek."

Haenertsburg, Magoebaskloof

Stanford Lake Lodge

"Haenertsburg is klein, maar so sjarmant. Maak seker om by die brouery op Cheerio Lane in te loer. Almal is super vriendelik, heerlike kos en elke plekkie het 'n besondere atmosfeer en-/of 'n wonderlike uitsig."

Blad
Blad 13 - Wys 361 tot 390
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang