Geverifieerde Resensie
Magoebaskloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Magoebaskloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 649 resensies.
"Magoebaskloof en omgewing bly een van die land se toerisme - juwele wat iets vir elkeen bied en met skoonheid betower!"
"Ons het spesifiek gegaan om die MBT te ry en was baie teleurgesteld. Die roetes word glad nie na gekyk nie en het 'n paar keer verdwaal omdat dit nie behoorlik gemerk is nie. Sal definitief nie weer daar gaan ry nie maar die onus val op Magoebas Tourism en nie noodwendig Sequoia nie. "
"Pragtige omgewing. Kan net sit en na die skepping kyk, maar daar is heelwat te doen ook."
"Pragtige, onbekende dorpie. Rustig met mooi, interessante winkeltjies en uitstekende restaurante. Naby, maar nie op die groot pad. "
"One of the nicest destinations in the country if you are looking for beautiful scenery, indigenous forests, rare forest birds, long hikes with your dog(s) or just a proper getaway. Friendly, super laid-back people and pleasant, cool weather in summer. Winters can be pretty cold. "
"Baie mooi woude en natuurskoon. Klein dorpie en lekker restaurante. Die ideale plek vir die avontuurlustige persone wat hou van die buitelewe. Ons sal vir seker binnekort weer die area besoek."
"Dit is ver om te bereik, maar wanneer jy eers daar is, is daar 'n groot verskeidenheid aktiwiteite om van te kies, van bierproe tot bloubessies pluk, fietsry en stap. Restaurante hier bied uitsonderlike waarde vir geld."
"A quaint little village with some surprises, like a craft brewery, a cheese maker/organic farmer and lastly, a blue berry farm."
"Haenertsburg is n mooi plekkie, moeite werd om daar te stop vir n ontbytjie. Almal is baie vriendelik en behulpsaam."
"Magoebaskloof is een van die mooiste bestemmings in ons wonderskone land. Met natuur- en voëllewe wat onbeskryflik is."