Geverifieerde Resensie
Northern Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 317 resensies.
Ventersburg, Noordelike Vrystaat
Home Sweet Home Guesthouse"Indien jy in daai omgewing reis, wees uiters versigtig en kyk uit vir die gate in die pad dit kan jou voertuig nogal sleg beskadig. Ongelukkig is daar nie veel om te doen op die dorp nie en eetplekke baie skaars."
Ventersburg, Noordelike Vrystaat
At Home Guesthouse"Sjoe, dit is hartseer om te sien hoe die plattelandse dorpe verval, weet nie mens dit kan keer nie!"
"Mooi ligging met interessante toeristebestemming. Nie te ver van Parys af nie en kan lekker van winkel tot winkel loop. Baie lekker en interessante restaurante ook om van te kies."
"Dorp se paaie is effe gagga, maar verder is dit omliggend baie mooi en ons het heerlik 30ste verjaarsdag gehou by die golfclub."
Kroonstad, Noordelike Vrystaat
Micarla's Bed and Breakfast"Sal graag die militêre installasies weer wil besoek, ná 40 jaar gelede se diensplig."
Oranjeville, Noordelike Vrystaat
Die Vette Vis"Oranjeville is klein, maar daar is niks fout nie, want die doel was nie om die dorp te beken nie, so dit maak nie vir ons saak nie, ons het lekker by die Vette Vis gekuier en gebly."
Oranjeville, Noordelike Vrystaat
Die Vette Vis"Oranjeville, is 'n klein dorpie, maar daar is baie om te doen vir 'n naweek. Die paaie rondom Oranjeville is nie 100%."
Kroonstad, Noordelike Vrystaat
Tuscana Villa Guesthouse"Dit was 'n oornagplek en ons het nie die dorp verken nie."
Odendaalsrus, Noordelike Vrystaat
Marnicus B&B"Die paaie is baie sleg, andersins baie lekker gekuier."
Oranjeville, Noordelike Vrystaat
Die Vette Vis"Cannot comment as we did not spend much time in the town itself."
"Was daar vir 'n troue so het nie regtig die dorp of omgewing besigtig nie."
Kroonstad, Noordelike Vrystaat
Riverstay"Ons ken nie Kroonstad so goed nie, maar dit lyk na 'n heel rustige plek!"
Ventersburg, Noordelike Vrystaat
At Home Guesthouse"Die SAP Museum is 'n besliste moet, asook die 2 ou kerke. Die dorpie is ryk aan interessante geskiedenis en beslis die moeite werd om te besoek."
"Die dorp self gaan baie agteruit, soos maar met die res van die kleiner dorpe in SA. Plase rondom Heilbron is pragtig en daar is vooruitgang."
Kroonstad, Noordelike Vrystaat
Riverstay"Always great Afrikaans hospitality. Perfect midpoint stopover right on the N1!"
Ventersburg, Noordelike Vrystaat
At Home Guesthouse"Ventersburg het rerig baie agteruitgegaan oor die jare en die plekke maak alles bitter vroeg 17h00 toe. Net Total en Steers bly laat oop. Dankie tog daarvoor anders sou ons moes ry na Hennenman of Welkom vir aandete. "
Ventersburg, Noordelike Vrystaat
At Home Guesthouse"Ventersburg as dorp is tans te verwaarloos om op positiewe aanbevelings op die vlak van toeristebestemming aanspraak te kan maak. Maar ons weet dit kan 'n heerlike bestemming word indien mense koppe sou bymekaarsit, straatnaamborde sou aanbring en dit wat daar uit die gemeenskap self bemark kan word — soos heerlike biltong en wonderlike handwerk— sou begin bemark."
Oranjeville, Noordelike Vrystaat
Die Vette Vis"Very enjoyable town with more than enough restaurants and bars! Really safe environment and will definitely be back!"
Ventersburg, Noordelike Vrystaat
Die Gewel Self-catering Guest House"Convenient stopover on the N1."
Oranjeville, Noordelike Vrystaat
Die Vette Vis"Heelwat padwerke op die oomblik. Maar dit sal wel voltooi word. Dan sal dit net beter wees. Baie vriendelike staf in die winkels ook."
Ventersburg, Noordelike Vrystaat
At Home Guesthouse"It's a great place to relax. We enjoyed our visit."
"Bly 'n interessante en oulike gedeelte van die land met baie om te doen."