Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7944 reviews.
"In die regte blommeseisoen, asemrowend, besoek ook omliggende dorpies is waarde vir jou geld."
"Had a wonderful meal at Oppidek - also superb service, food was tasty and well prepared, staff friendly, also recommended."
"As mens van die stilte hou met wind wat om die hoeke van die huis sing is dit beslis die bestemming vir jou. Mens hoor geen motors verbyjaag nie. Hoor die jakkalse praat met mekaar. Vir my was dit 'n wonderlike plek. Het nie regtig winkels nie. Vat maar jou kontant saam. Kaartmasjiene is maar skaars daar."
"Augrabies is a lovely area and would recommend every South African to visit the area."
"Skoon dorpie met 'n heerlike atmosfeer. Heerlike skaapvleis. Sal beslis weer wil kom besoek."
"Skilpad vir blomme in blommetyd. 17 km van Kamieskroon. Geen ander rede om hier oor te bly nie."
"Dorp is klein en toerisme-besienswaardighede beperk. Uit die aard van omstandighede en ligging is die gebied ver van alles."
"Die dorp is baie afhanklik van die natuur, maar as Moeder Natuur saamspeel kan mens maar op Nieuwoudtville gaan kuier."
"Die koffiewinkels in Kammieskroon moet net sorg vir beter gehalte koffie en cappucino. Wonderlike blomme op die pad van Kammiskroon na Leliefontein."
"Hierdie dorpie lê weggesteek agter die rantjie langs die besige N1, maar die oomblik wat jy afdraai in die strate kom die kalmte van die Karoo oor jou lê. Regtig ’n goeie ervaring om daar tyd te kon spandeer."
"Ons is mal oor die Karoo en spesifiek oor Victoria-wes. Ons wou weens Covid nie by familie bly dat huis te vol is nie. Beste besluit ooit om by Merino Junction te bly."
"'n Baie spesiale dorp met pragtige ou geboue en plase en die mooiste veldblomme."