Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7900 reviews.
"Dis 'n lang rit op swakkerige grondpad na Hondeklipbaai - so dit is 'n eenmaal in 'n leeftyd bestemming, maar was nogtans interessant."
"Best time flower time - not sure how it would rate outside these times."
"Ons vermy dit om in Britstown te stop a.g.v. al die bedelaars wat pla waar ookal jy uit jou voertuig klim. Ons was ook nog altyd skepties om in Britstown te slaap. Die ondervinding by Elsa's @ 27 het wel gemaak dat ons in die toekoms weer daar sal oornag, want dit was van die hoofpad af en stil, maar nie uit koers uit nie en dit is n gerieflike halfpad-stop op ons roete tussen Pretoria en die Weskus."
"Springbok is 'n groot toeriste aantreklikheid. Dit is baie sentraal geleë in die Noord-Kaap."
"Ons was eintlik te kort in Colesberg om 'n opinie te kan gee daaroor. Die strate wasrin ons gery het, was egter netjies. Die eienaar by Coles Corner het vir ons goeie plekke uitgewys waar ons kon wegneemetes kry. "
"Anders as die rustigheid en mooiste sonsondergange, is daar ongelukkig nie veel meer nie. Maar dit is soms al wat party mense wil hê."
"Klein paradys. Wou eers Hondeklipbaai nie in ons reisprogram gesit het nie, maar was spyt ek het net een nag oorgebly, die dorpie en mense se hartlike vriendelikheid en skoonheid van ongerepte natuur het my hart gesteel. Ek het my hart verloor op Hondeklipbaai."
"A must visit destination lots to do and see. One day is not enough. Very friendly people. Will go back again."
"Word gesien as 'n baie goeie basis vanwaar blomme en die natuur in die omgewing verken kan word."
"Vir 'n oornagdorpie kan ek dit aanbeveel. Die koöperasie verkoop alles wat jy nodig het vir kos."