Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3681 resensies.
Robert C. - 16th September 2017
staying in Noord-Kaap
A wonderful experience.
Mike H. - 15th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Die regte plek om te gaan blomme kyk. Mens kan baie kilometers in bykans enige rigting ry. Ons was egter daar toe daar baie min blomme was a.g.v. die droogte.
Marius B. - 15th September 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Sou baie graag langer wou bly om al die museums te sien, was darem by Magersfontein baie mooi gewees.
Cecilia V. - 15th September 2017
staying in Douglas, Noord-Kaap
Die samevloeiing van Oranje- en Vaalrivier wat ons besoek het was indrukwekkend en behoort baie meer opgegradeer te word vir toerisme.
Tracey S. - 14th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Oulike dorpie.
Delene M. - 14th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtige plek.
Estelle P. - 14th September 2017
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Pragtige ou dorpie, net jammer van die rommel, plastieksakkies ens. wat ons maar oral in ons mooi land sien.
Abie C. - 13th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Sal nie onder ons top 20 inkom nie.
Dirk P. - 13th September 2017
staying in Keidebees, Noord-Kaap
Dit is 'n pragtige plek!
Philip N. - 13th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Die dorp sukkel maar soos al die dorpe in die platteland en dis sigbaar. Die dorp kom effe onversorgd voor, hoewel die strate skoon was.
Petro S. - 13th September 2017
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Gasvry en vriendelik.
Petro S. - 13th September 2017
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Baie na aan die Valle en dus gerieflik geleë.
Elta V. - 13th September 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Beste in Colesberg!
Marietjie V. - 12th September 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Ons het 'n wondelike uitstappie na die Groot Gat gehad. Baie om te sien. Sal volgende keer langer moet bly om die museums en ander besienswaardighede te besoek.
Dewald S. - 12th September 2017
staying in Upington, Noord-Kaap
Ideale oornagplek op pad na Kgalagadi of Namibië.
Ronnie E. - 12th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtige omgewing. Daar is so baie plekkies wat besienswaardig is wat ons ontdek het ten spyte van die feit dat dit droog was en omtrent geen blomme om te besigtig nie.
Riana V. - 11th September 2017
staying in Hanover, Noord-Kaap
Vir oorslaap is dit ideaal.
Hanli S. - 11th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Omgewing is fantasties!
Louise B. - 11th September 2017
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Beautiful country town with very interesting people.
Diana M. - 11th September 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Probeer gerus The Blue Moon Restaurant. Uitstekend.
Hannes V. - 11th September 2017
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Dit is 'n besige dorp wat nie altyd die skoonste van dorpe is nie, maar sekere dele is heel skaflik en die skoolgronde is mooi opgepas.
Callie D. - 11th September 2017
staying in Richmond, Noord-Kaap
Behalwe vir enkele gastehuise en plaasverblyf (soos Rondawel), lyk die res van die dorpie maar ietwat "moeg en vervalle", niks in die dorp wat my sal lok om daar in te draai nie.
Pieter S. - 10th September 2017
staying in Britstown, Noord-Kaap
Net die regte afstand vanaf Pretoria om te oornag op pad af Namakwaland toe.
Andries G. - 9th September 2017
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Onthou die Augrabies Watervalle, Kakamas, Riemvasmaak is nie ver vanaf Keimoes nie.
Eddie K. - 9th September 2017
staying in Hanover, Noord-Kaap
'n Gerieflike oornag verblyf halfpad tussen Johannesburg en die Kaap.
Andre F. - 9th September 2017
staying in De Aar, Noord-Kaap
Die dorp kort 'n goeie skoonmaak.
Wilfred W. - 8th September 2017
staying in Britstown, Noord-Kaap
The history of the Smart Syndicate Dam is very interesting.
Bennie V. - 7th September 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Die dorp was ongelooflik besig en ons moes lang tye by robotte wag. Die strate is vuil en ek het gedurig onveilig gevoel. Kimberley se groot gat en dorpie was indrukwekkend, maar die dorp het my nie beïndruk nie
Bennie V. - 7th September 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Calvinia bestaan uit baie ou historiese geboue wat goed onderhou word. Die dorpie het genoeg winkels waar jy jou koskas weer kan aanvul. Daar is ook twee goeie restaurante om by te gaan eet.
Lize L. - 7th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Dis uniek, gasvry en vir seker nie die stad nie. Daar is 'n rustigheid wat mens sommer kan aanvoel.
Cas P. - 6th September 2017
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Die wynland en ander streekseienskappe is die moeite werd om te verken.
Leonie D. - 6th September 2017
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Dorp lyk maar vuil en verwaarloos. Die Oog is teleurstellend - vuil en onversorg!
Leonie D. - 6th September 2017
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Altyd mooi al is dit droog.
Wille P. - 6th September 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Ons het Kimberley aangenaam gevind. Baie vriendelike omgewing vir toerisme.
Wille P. - 6th September 2017
staying in Die Rand, Noord-Kaap
Rustig.
Wille P. - 6th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Baie mooi area. Pragtig geleë tussen berge met 'n ongelooflike uitsig.
Madi . - 6th September 2017
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Baie mooi plekkie, maar baie droog. Ons bid vir reën in daardie omgewing.
Magriet M. - 5th September 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Dit is gerieflik geleë om as 'n basis te gebruik om omliggende plekke te besoek.
Nick V. - 5th September 2017
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Blomme in 2017 ongelukkig baie skaars as gevolg van droogte. Hoop volgende jaar is beter!
Maryke B. - 4th September 2017
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Oulike dorpie met heelwat om te besigtig en te beleef. Die Pienk Padstal en natuurlik die Augrabies-valle was ons hoogtepunte.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]