Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3698 resensies.
Andre R. - 26th August 2016
staying in Britstown, Noord-Kaap
Die dorpie is reg in die middel tussen PE en Namibië. Nie veel om te doen nie.
Maggie B. - 26th August 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
'n Klein dorpie met 'n groot hart vol antieke geboue wat baie geskiedenis bevat.
Valerie F. - 25th August 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Such a special place! Interesting people, beautiful old buildings and a clean, very friendly town.
Dirk C. - 25th August 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtige dorp.
Erika D. - 23rd August 2016
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Dit is 'n pragtige dorpie!
Jannie L. - 22nd August 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Hoofstad van Namakwaland en dus 'n moet om aan te doen.
Jo-anne K. - 22nd August 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Heerlike plattelandse dorp.
Mariette L. - 22nd August 2016
staying in Upington, Noord-Kaap
Indrukwekkende dorp met pragtige omgewing.
Dirk G. - 22nd August 2016
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Die omgewing is mooi in die somer, maar die dorpie self is nie 'n treffer nie. Miskien het ek te min tyd daar gespandeer.
Andre M. - 22nd August 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Baie rustige skoon dorp met alles wat nodig is vir 'n lekker kuier asook binne ry-afstand van baie besienswaardighede.
Wiehan L. - 22nd August 2016
staying in Douglas, Noord-Kaap
Baie mooi area.
Cornel N. - 21st August 2016
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Ek ken Kimberley te goed vir kommentaar.
Louis John P. - 21st August 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Eetplekke is uitstekend en ontvangs baie goed.
Tyronne H. - 18th August 2016
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Hulle moet net die slegte paaie uitsorteer!
Garnett A. - 17th August 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtige dorpie.
Elsa V. - 17th August 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok bied 'n wye verskeidenheid verblyf vir almal se smaak.
Retief V. - 16th August 2016
staying in Blydeville, Noord-Kaap
Stil woonbuurt.
Annette R. - 16th August 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Goeie plek vir inkopies tussen selfsorgplekkies ver weg. 'n Baie mooi en interessante dorp.
Elsa V. - 15th August 2016
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Die nuwe Mall is 'n aanwins.
Yvonne R. - 14th August 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ons het net oornag maar lekker geëet in die dorp.
Magda V. - 14th August 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Maak gerus by Nonstop Fitment Centre 'n halweg-stop vir jou motor se meganiese checkup. Victor is die eienaar en gaan uit sy pad om jou te help. My slaapwa se wielbearings het verloor en hy het sy sleepwa s'n afgehaal om my te help. Baie dankie daarvoor.
Sterna B. - 12th August 2016
staying in Williston, Noord-Kaap
Stil Karoodorpie totdat jy rondbeweeg en al die lekker ervaar. Dis voorwaar manna vir die siel.
Kaylan B. - 12th August 2016
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Lots of little things to do and of course all the museums!
Christiaan D. - 12th August 2016
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Groot geskiedenis en genoeg om die gesin te vermaak.
Gert D. - 12th August 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Beslis die 'hoofstad' van die Hantam Karoo.
Lindie K. - 12th August 2016
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Keimoes is 'n lekker klein, rustige dorpie met vriendelike mense. Die perfekte plek om van die stad se geraas af weg te breek.
Lotte P. - 11th August 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Oulike plek!
Michelle S. - 11th August 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Dorpie is baie skoon en netjies.
Miemie B. - 11th August 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Baie mooi dorp, goed versorg en skoon met vriendelike mense. Pragtige omgewing, maar ver om te ry.
Grizelda M. - 11th August 2016
staying in De Aar, Noord-Kaap
Racism is a very big deal in De Aar.
Marietjie B. - 10th August 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
'n Pragtige plekkie.
Pieter S. - 10th August 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Calvinia is diep in die Hantam Karoo en daarom 'n klein dorpie met ten minste die basiese geriewe. Ek het nog nie veel tyd hier spandeer nie maar die mense is darem vriendelik en die petrol stasies in goeie werkende toestand.
Sharon B. - 10th August 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Stil dorpie wat meer aandag aan hul restaurante kan gee. Kos nie so goed nie, vaal en smaakloos. Verwag in Colesberg lekker skaaptjoppies siende dat dit in die Karoo is.
Rudolph D. - 10th August 2016
staying in Loxton, Noord-Kaap
Hier is niks te doen nie - perfek. Jy kan jou reisgenote geniet en in ontspanne atmosfeer bymekaar uitkom.
Elmarie D. - 10th August 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Colesberg is pragtig en die ontwikkelinge maak dit vir reisigers 'n aantreklike halfpad oornag of stop om net te verfris. Oulike restaurant en gasvrye mense in die dorp.
Andre G. - 10th August 2016
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Baie plekke om te besoek. Baie leersaam. Sal Kimberley weer besoek.
Christine O. - 9th August 2016
staying in Richmond, Noord-Kaap
Baie oulike plekkie. Lekker geslaap en geëet.
Yvette H. - 8th August 2016
staying in Loxton, Noord-Kaap
Ons het die dorpie baie geniet :)
Sas En Sinthea D. - 7th August 2016
staying in Britstown, Noord-Kaap
Klein pragtige dorpie!
Carli K. - 5th August 2016
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Dit is 'n baie rustige omgewing en baie klein dorpie. Maak seker dat jy al jou inkopies het of klaar gekoop het teen Vrydag. Pak warm en koeler klere want die weer wissel nogal baie. Besoek die White House Inn and gaan kyk die sterre! Dit is rêrig die beste plek om dit te doen. As jul graag sneeu wil sien, moet nie in Julie Sutherland besoek nie. Pak lekker tekkies in vir stap en gaan saam met iemand wie se geselskap jy rêrig geniet. Sutherland is rêrig die plek om te ontspan en bietjie weg te breek.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]