Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Dit was vir my baie hartseer dat die Kreef fabriek so verwoes is. Die paaie was net erg sleg as vevolg van die baie reën en die pad tussen Hondeklipbaai en Koinaas was weggespoel. Kan vir baie langer tye daar gaan rus. Die sonsondergang en die see is net wonderlik. Dis 'n wonderlike plek."
"Pragtige en rustige omgewing waarin ons werklik tot rus kon kom. Beveel beslis aan."
"Die Bordeaux restaurant was 'n absolute belewenis! Met krummelpap, skaapstertjies, sagopoeding en melktert op die spyskaart is dit die beste ervaring."
"Probeer asb. mense wat rommelstrooi langs loopareas vasvat, skande hoe party mense die pragtige omgewing bemors!"
"Songeisers kan bydra tot kragbesparing met soveel heerlike sonnige weer."
"Ons dink dit is die moeite werd om hier oor te bly om die samevloeiing van die Oranje- en Vaalriviere eerstehands te kan sien!"
"Klein dorpie waar daar niks aangaan nie, maar goed geleë vir 'n stop vanaf Kaapstad na Johannesburg."
"Small town with not much to offer for a tourist. Convenient halfway stop though."
"Vosburg was 'n groot verrassing. Die dorp is in 'n baie goeie kondisie. Net baie stil. Wat vreemd, maar nie onaangenaam, was nie. Ons het die duisende swaeltjies en mak kraai baie geniet. Selfs die baie sprinkane was 'n groot belewenis."
"Nie eintlik daar rondgekyk nie. Net sy geskiedenis gegoogle. Was te haastig om by die oornagpunt te kom."