Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7926 resensies.
"Ons dink dit is die moeite werd om hier oor te bly om die samevloeiing van die Oranje- en Vaalriviere eerstehands te kan sien!"
"Klein dorpie waar daar niks aangaan nie, maar goed geleë vir 'n stop vanaf Kaapstad na Johannesburg."
"Small town with not much to offer for a tourist. Convenient halfway stop though."
"Vosburg was 'n groot verrassing. Die dorp is in 'n baie goeie kondisie. Net baie stil. Wat vreemd, maar nie onaangenaam, was nie. Ons het die duisende swaeltjies en mak kraai baie geniet. Selfs die baie sprinkane was 'n groot belewenis."
"Nie eintlik daar rondgekyk nie. Net sy geskiedenis gegoogle. Was te haastig om by die oornagpunt te kom."
"Onseker of dit regtig 'n toeristebestemming is - eerder 'n ideale "halfwegstasie" tussen Johannesburg/Pretoria en Kaapstad om die groot afstand mooi eweredig oor twee dae te versprei. Maar dit is tog eintlik 'n mooi plattelandse dorpie met 'n unieke ligging in die Bo-Karoo."
"Ken die area en verblyfplekke nie juis goed nie. Slaap net altyd by Kambroo oor vir die ligging en afstand tussen begin en eindpunt."
"Dit is die moeite werd om die museum te besoek en ek het reeds gedurende die vorige besoek die park besoek."
"Was heerlik om rustig buite te kon sit en die sterre te bekyk en die naggeluide te kon hoor. Upington is 'n mooi plek en goed gelee op pad na die Augrabiese watervalle om te oornag."
"Dalk 'n opsie as oornagbestemming op pad Botswana toe of om te jag in die omgewing."
"Besoekers aan Hondeklipbaai onthou om genoeg kontant saam te neem en alles wat jy nodig het vir jou verblyf. Naaste inkopieplek is Springbok. Daar is privaat restaurantjies om lekker te eet. Wees gereed om baie grondpaaie te ry. Meeste van die paaie is in 'n goeie toestand."