Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1872 reviews.
"Die eerste naweek was verskrilklik met dronk mense wat oral rommel los en dit aaklig maak om Clarke Bay en Salmon Bay te stap, en dit is elke keer die geval as dit naweek of langnaweke is. Ons het in die plaaslike koerant gelees dat die Burgermeester almal se klagtes ernstig opgeneem het en die strande van beide kante met polisieëring te bewaak en alle vakansiegangers se sakke deur te gaan voor hulle op die strand of walkway gaan. Ons het dit elke dag vanaf Hops en die Galley dopgehou en die polisie en gemeenskap het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en almal het beskaafd en rustig opgetree. As dit so aangaan sal baie meer mense hier kom vakansie hou."
"Lekker plek om te gaan rus, strande is skoon, mense is baie vriendelik en is beslis veilig om te stap. "
"Hluhluwe dorp is nie iets om te sien. Daar is baie reservate en parke in die area."
"Beautiful place, but the municipality needs to work on the state of the roads and repair potholes."
"Strande is ongerep en net 'n beperkte aantal mense word toegelaat op Black Rock en Bhanga neck. Warm water en heerlike sandstrande. Prima ligging slegs bereikbaar met 4x4."
"Cape Vidal is asemrowend. Het so baie diere gesien. Renosters, olifante, baie mak kudu's ens. Cape Vidal se strand is 'n baie lekker swemstrand, kan snorkel ook daar."
"Good restaurants, beaches are nice, loads of shops - this time of year weather was warm and sunny."
"Strand is skoon, nie te bedrywig nie, water heerlik warm. Pragtig. Veilig het laataand en vroegoggend op die strand kon loop."
"Met slegs een toegangsroete na St Lucia is St Lucia baie veilig en as bewaringsgebied 'n moet om te besoek. Ry ook gerus een dag Cape Vidal toe, dis teerpad tot daar."
"Ken hom al vir jare. Alles het duur geword. Net jammer die meermonding is nog toe. Visvangs is swak"
"Pragtige dorp en pragtige strande. Beslis die moeite werd om te sien en te beleef."
"Sodwana is maar 'n klein dorpie wat duikers, vissermanne en natuurmense trek. Daar is nie groot winkels soos in ander dorpe nie, maak maar seker jy bring vars vleis, daar is nie maklik bekombare vars vleis in die area nie. Baie lekker vir ontspanning met 'n paar lekker eetplekke en kuierplekke ook."
"Sodwana is wêreldbekend vir duik, maar hulle het ook baie goeie restaurante en 'n verskeidenheid van diepsee-visvang-charters."