Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16426 reviews.
Arniston, Escape From Cape Town
Arniston Seaside Cottages"Soek 'n mens avontuur is 'n besoek aan die grot aangewese terwyl 'n staptog deur die bekende Kassiesbaai met sy historiese vissershuisies wonderlike fotografie geleënthede bied sonder dat jy 'n vliegkaartjie na Griekeland hoef te koop. Gaan eet vis en chips by Milenes in Kassiesbaai en koop sommer van die lekker droë rooikrantz hout vir die aand se braai. As die vis nie byt nie en die Suidoos waai, kan wynliefhebbers Arniston gebruik as vertrekpunt om die Jean Daneel kelder buite Napier te besoek om uitstaande witwyne te proe en te koop. Die gees van Bachus sal die dorstiges verder lei na Strandveld, The Berrio en Black Oyster Catcher kelders by Elim wat normaalweg te vêr van die gebaande weë is. Gaan besoek die L'Agulhas ligtoring en leer iets van die strandveld se geskiedenis en koop op pad terug by Struisbaai 'n vars vissie om op die kole te sit. Wie benodig dan 'n Mall?"
Montagu, Escape From Cape Town
Kogman & Keisie Guest Farm"Baie mooi dorp en omgewing. Wens ek kan vir altyd daar bly."
Bredasdorp, Escape From Cape Town
Jack's Place"Een van die skoonste/netjieste dorpies wat ek in 'n lang tyd gesien het - absoluut pragtig!"
Citrusdal, Escape From Cape Town
Citrusdal Guest Rooms"The area lends for good hiking, mountain biking and wine tasting."
Stanford, Escape From Cape Town
Stanford Hotel"Stanford is 'n pragtige dorp met 'n wonderlike rivier wat om die dorp kronkel."
Hermanus, Escape From Cape Town
Windsor Self-Catering Apartments"Ons het die kus wandelpad gestap. Die wandelpad is so goed versorg en daar is baie wagte wat die wandelpad patrolleer. Fantastiese natuurskoon. My enigste kritiek is dat daar nie by Proteastraat 'n bord is wat aandui waar die wandelpad weer hervat by Sim-straat nie."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Sea La Vie"Bietjie ver van winkels af, maar as jy voorbereid kom is daar geen probleem."
Longacres Country Estate, Escape From Cape Town
Long Acres Bahamas Accommodation"Good area with huge potential for further development, expansion and some up-market/high-end amenities and facilities."
Robertson, Escape From Cape Town
Vigne Cottage"Always my place to relax and explore the shops. Love to drive pass all the vineyards."
Klapmuts, Escape From Cape Town
Bona Vista Self-Catering Accommodation"Klapmuts is sentraal geleë en dus naby Stellenbosch, Franschhoek en die Paarl: dit sluit in verskeie wynplase en ander besienswaardighede. Perfek geleë om enige rigting in te slaan soos dit jou pas - of jy nou see toe ry, of net geskiedkundige monumente wil besoek! Bonuspunt: maak nie saak waar nie - jy sien vir Tafelberg!"
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Lugkasteel"Yzerfontein is so naby aan Kaapstad dat dit vinnig en maklik is om net 'n lekker wegbreek te hê."
Struisbaai, Escape From Cape Town
Whale Watchers"Lieflike natuurskoon, lieflike besienswaardighede in die omgewing. Sal beslis weer besoek!"
Paternoster, Escape From Cape Town
Beachcomber"Sterker teenwoordigheid van polisie en armed response companies, veral by Gaaitjie en hawe se kant met party smouse wat nie nee vir 'n antwoord vat nie en op mekaar vloek."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Clanwilliam Hills Dam House and Flat"Die kalmte en rustigheid gee jou weer die geleentheid om tyd te maak vir jouself. Absoluut 'n stimulasie om weer voort te gaan met die lewe."
"Quaint but quiet little town. Arniston (beach) and wine farms within a reasonable driving distance."
Bredasdorp, Escape From Cape Town
In-i-bos Selfsorg Eenheid"Dit is die rustigste dorp, met die vriendelikste mense. Mens voel so tuis."