Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16603 resensies.
Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad
Bona Vista Self-Catering Accommodation"Klapmuts is sentraal geleë en dus naby Stellenbosch, Franschhoek en die Paarl: dit sluit in verskeie wynplase en ander besienswaardighede. Perfek geleë om enige rigting in te slaan soos dit jou pas - of jy nou see toe ry, of net geskiedkundige monumente wil besoek! Bonuspunt: maak nie saak waar nie - jy sien vir Tafelberg!"
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Lugkasteel"Yzerfontein is so naby aan Kaapstad dat dit vinnig en maklik is om net 'n lekker wegbreek te hê."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Whale Watchers"Lieflike natuurskoon, lieflike besienswaardighede in die omgewing. Sal beslis weer besoek!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Beachcomber"Sterker teenwoordigheid van polisie en armed response companies, veral by Gaaitjie en hawe se kant met party smouse wat nie nee vir 'n antwoord vat nie en op mekaar vloek."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Hills Dam House and Flat"Die kalmte en rustigheid gee jou weer die geleentheid om tyd te maak vir jouself. Absoluut 'n stimulasie om weer voort te gaan met die lewe."
"Quaint but quiet little town. Arniston (beach) and wine farms within a reasonable driving distance."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Kleinmond Lodge"Ons het die kuswandelpad gestap. Dit was 'n heerlike uitstappie. Die uitsig is wonderskoon. Kleinmond kan ook die wandelpad beter bemark en veral aandui dat die wandelpad nog ver aangaan vanaf die hawe Kaap se kant toe."
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
In-i-bos Selfsorg Eenheid"Dit is die rustigste dorp, met die vriendelikste mense. Mens voel so tuis."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Mabet and Gabriella Guest Rooms"Ek het Saterdagoggend deur die middedorp gestap. Die strate was maar vuil en ek het nie baie veilig gevoel nie. Die buitewyke lyk natuurlik beter."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Aan de Eike Guest House"Pragtige dorpie met baie lekker kuierplekke."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Arnion Nature Retreat"Clanwilliam is a delightful little town for lunch. "
"Lieflike dorpie, weggesteek van die wêreld en ideale plek om na toe te ontsnap as gesin vir kwaliteittyd!"
"The gentleman at the information centre was extremely helpful and so were all the people we met in and around Tulbach. Church Street is beautiful as well as interesting and we thoroughly enjoyed our visit to the Oude Kerk and the Earthquake Museum. Saronsberg, Moniki Chocolatier and The Olive Terrace at the Tulbach Boutique Heritage Hotel are amazing! Here, once again, we received outstanding friendly service. "
Bo Dalsig, Ontsnap Uit Kaapstad
Cats and Lemons"Pragtige natuurskoon en die baie bome maak dit mooi om in die omgewing te ry. Die paaie is bietjie deurmekaar maar met GPS/Google Maps kom jy vinnig reg. Die area vertoon skoon en ons het veilig gevoel. Daar is 'n baie lekker Spar by die Boord daar naby en Bo Dalsig voel baie sentraal geleë van waar ons wou heengaan. "
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
SeeBries"Ek het my hart op die plek verloor! Ek gaan definitief weer daar kuier en die keer baie langer daar vertoef!"
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Villa 2"Langebaan is mooi, maar voel bietjie outyds. Die strande is mooi en lekker om te ver te loop. As jy nie surf nie kan jy bietjie uit voel."
Hemel-en-Aarde Vallei, Ontsnap Uit Kaapstad
Kleine Vrede Farm Cottage"Dit is 'n pragtige area. Baie rustig."