Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6503 reviews.
"Nog steeds waarde vir geld. Dit is 'n olifantpark. Klein dingetjies waaraan bestuur moet aandag gee om beeld te poets vir veral oorsese besoekers. Paaie is besig om verweer te raak. Gate in teerpad maak slegte indruk. Personeel is behulpsaam en beleefd. Beef Baron gee uitstekende etes. "
"Georg Restaurant kan net so wel in die Suidelike Voorstede van Kaapstad gewees het! En dis in Aberdeen, Suid Afrika. Georg Restaurant is 'n moet om te besoek. Die Karoo lam tjops was keurig bedien saam met groente en aartappel-koekies. Die nagereg van malva poeding saam met roomys was heeltemal te veel vir een persoon. Daar is ook ander interessante geregte op die spyskaart, soos wildsvleis saam met blou kaas! Ons gaan weer Georg Restaurant besoek!"
"Asemrowende klein dorpie met vriendelike mense. Ferrari se pub is 'n moet en daar kry 'n mens organiese heuning te koop."
"Mooi skoon, rustige Karoodorp om 'n paar dae te rus. Mens kan lekker stap. Baie mooi kerk. Interessante kunswerke. Pragtige Karoo-natuurskoon."
"The access and egress roads are currently in bad condition only good for 4 x 4, and then are still very rough and slow travel - add an extra hour to your perceived time to get there."
"Regtige lekker plekkie en is regtig rolstoelvriendelike dorpie."
"Pragtige omgewing met baie dinge om te doen elke dag. Baie sentraal geleë. Baie uitkykpunte met bankies waar mens kan sit en die see geniet."
"Cradock is een van die klein Oos-Kaap dorpe wat nog goed in stand gehou word. Woonbuurte is skoon, huise vertoon pragtig, tuine van huise is pragtig. Lieflike Spar. Skole en gronde is goed versorg!"
"It was very convenient for us as it was close to where we needed to be. Nice quiet and safe neighbourhood."