Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6503 resensies.
"Hier is baie om te beleef. 'n Mens sou maklik 3 of meer volle dae hier kon bly om die dorp en sy omgewing te verken. Ons het veral die Vallei van Verlatenheid en die Kamdeboo park geniet. Nieu Bethesda was ook mooi om te sien. Reinett Huis is interessant maar ons sou meer van die geskiedenis van een van Graaff-Reinet se bekendste inwoners - Dr. Andrew Murray - wou sien. 'n Besoek aan die Te Water House (antieke handelaar) is beslis die moeite werd. Die eienares het ons allerhande staaltjies oor die dorp vertel."
"Dis 'n sjarmante skoon dorp met talle historiese besienswaardigede en natuurskoon. Oulike winkeltjies en puik restaurante."
"Dis 'n pragtige klein dorpie, die see is skoon en voel so privaat. Die winkeltjie het alles gehad wat ons benodig het."
"Graaff-Reinet is mooi in die middel tussen Gauteng en die Oos-Kaap of Karoo. Die hele dorpie neem 'n mens terug na die 1920's, toe al die huise pragtig gebou is met pilare om stoepe by die voordeur, gevormde stoepdakkies, groot houtdeure en plankvloere. Ons slaap graag daar oor wanneer ons na die Oos-Kaap of Karoo reis."
"Interesting town where time stands still, friendly people! Nice gateway to the Baviaanskloof."
"Good for a stopover; nothing to do besides appreciating the surroundings."
"Doen gerus die moeite om die kunswinkels op te spoor in die klein strate vanaf die hoofstraat."
"It depends on what you are looking for. It's a beautiful small town with lots of history."
"Scruffy town, in need of a lot of work to roads, and need to be more tourist friendly."
"Die omgewing is baie mooi. Ek kan dit vir elkeen wat dit oorweeg om daarheen te reis aanbeveel! "
"Vra die inwoners uit oor die gebied en besoek die plekke! Baie mooi omgewing!"
"Skattige Karoodorpie vol geskiedenis. Die strate is effe verwaarloos en daar is baie trokke, maar dit is per slot die N10-deurgangsroete. Vir ontbyt en goeie koffie is True Living die plek."
"Daar is nie baie om te sien op Queenstown nie, behalwe die wildplase. Daarom sal ek dit nie as 'n toeristebestemming aanbeveel nie."
"Wil graag Derick's Auto Electrical in College-weg (N9-deurpad, om die hoek van die koperasie) aanbeveel. Die jonge, pasgetroude man het die dag na Nuwejaar self ingespring (sy arbeiders het nie opgedaag nie) om ons in 'n japtrap te help met 'n kritiese elektriese probleem in ons voertuig. Hierdie Gautengers voel steeds skuldig oor hoe min hy ons daarvoor gevra het, gegewe hoe verleë ons oor sy hulp was. "
"Ek het as 'n jong man in Donald-weg in Vincent gebly, so ek ken die omgewing baie goed en dit is sentraal."