Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6660 reviews.
"Benodig nog sitplek vir die mense wat nie strand toe gaan nie, maar wat wil net sit en kyk vir die see. "
"Uitstekende strand en swemarea. Mooi rivier uitmonding wat ideaal vir kinders is."
"Merk van straatname sodat die inligting leesbaar is, sou aanbeveel kon word. Raak rof as mens moet raai wat daar in wit op 'n ligblou agtergrond geskryf staan."
"Eintlik maar net vir deurry of bly vir Bergkwaggapark toegang, hoewel die Olive Schreiner museum op die dorp oulik is om te besoek. Vergeet van die Craddock Four memorial - dis 'n ruine."
"Moenie daar gaan as jy Hillbrow geniet nie, dis 'n plek om jou batterye te herlaai! Die dorp is baie lekker vir kuier met mense en om te stap waarheen jy wil gaan. Die stofpaaie en leikanale gee dit daai historiese gevoel. "
"Pionier Restaurant het heerlike kos met puik diens. Pryse is heel bekostigbaar. Goeie verskydenheid wyn."
"Ligging absoluut pragtig behalwe die straate is in 'n baie, baie slegte toestand en ek verstaan daar word niks aan gedoen nie. Is 'n probleem om die potholes te mis en dit is die mening van baie besoekers met wie ons in die gesels gekom het."
"Maak asb. die aanbevole roete na die plek meer duidelik. Ons GPS het ons met 'n ompad deur boere se plase geneem en is die pad nie geskik vir normale voertuie nie. Met die terugkeer het ons ontdek daar is 'n beter pad wat byna heeltemal geteer is maar die afdraai is heelwat noord van Graaff Reinet."
"Was baie teleurstellend dat daar slegs 3 restaurante oop was waarvan slegs een plaaslik was. Was nietemin 'n pragtige bestemming. "
"Baie om te doen en twee dae was nie genoeg nie. Onthou om plek te bespreek vir ete by 'n restaurant - veral oor Desember. Anders kry jy nie plek om aandete te geniet nie!"
"Mooi skoon, jy kan sien die mense gee om vir hulle plekkies. Vriendelike polisie oral (akademie is op Graaff-Reinet), moet verseker die veiligste dorp in die land wees. 'n Dag in die Camdeboo Reservaat is die moeite werd."
"Het die omgewing baie skoon gevind. Wonderlik om naby al die hoofroetes te wees."
"Dit is een van die mooiste strande in die wêreld. Nie net in Suid-Afrika nie."