Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6660 resensies.
"Eintlik maar net vir deurry of bly vir Bergkwaggapark toegang, hoewel die Olive Schreiner museum op die dorp oulik is om te besoek. Vergeet van die Craddock Four memorial - dis 'n ruine."
"Moenie daar gaan as jy Hillbrow geniet nie, dis 'n plek om jou batterye te herlaai! Die dorp is baie lekker vir kuier met mense en om te stap waarheen jy wil gaan. Die stofpaaie en leikanale gee dit daai historiese gevoel. "
"Pionier Restaurant het heerlike kos met puik diens. Pryse is heel bekostigbaar. Goeie verskydenheid wyn."
"Ligging absoluut pragtig behalwe die straate is in 'n baie, baie slegte toestand en ek verstaan daar word niks aan gedoen nie. Is 'n probleem om die potholes te mis en dit is die mening van baie besoekers met wie ons in die gesels gekom het."
"Maak asb. die aanbevole roete na die plek meer duidelik. Ons GPS het ons met 'n ompad deur boere se plase geneem en is die pad nie geskik vir normale voertuie nie. Met die terugkeer het ons ontdek daar is 'n beter pad wat byna heeltemal geteer is maar die afdraai is heelwat noord van Graaff Reinet."
"Was baie teleurstellend dat daar slegs 3 restaurante oop was waarvan slegs een plaaslik was. Was nietemin 'n pragtige bestemming. "
"Baie om te doen en twee dae was nie genoeg nie. Onthou om plek te bespreek vir ete by 'n restaurant - veral oor Desember. Anders kry jy nie plek om aandete te geniet nie!"
"Mooi skoon, jy kan sien die mense gee om vir hulle plekkies. Vriendelike polisie oral (akademie is op Graaff-Reinet), moet verseker die veiligste dorp in die land wees. 'n Dag in die Camdeboo Reservaat is die moeite werd."
"Het die omgewing baie skoon gevind. Wonderlik om naby al die hoofroetes te wees."
"Dit is een van die mooiste strande in die wêreld. Nie net in Suid-Afrika nie."
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
Bartholomew's Loft"Lieflike historiese dorpie, met pragtige ou geboue. Kan definitief "The Cock House" aanbeveel vir 'n heerlike aandete in pragtige historiese huis."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Blue Horizon Bay Guest House"Port Elizabeth is regtig 'n mooi en skoon stad met baie om te doen. Ons was aangenaam verras gesien in die lig van hoe party stede al agteruit gegaan het. Ons sal definitief weer daar gaan vakansie hou."
"Lekker naby aan Port Elizabeth en Uitenhage vir besienswaardighede en ander strande."
"Het laat in Graaff-Reinet aangekom om enige besienswaardighede te kon besoek. Die gedeelte wat ons wel kon sien het beslis aangedui dat dit 'n pragtige dorp is."
"Maak gerus 'n draai by die Vallei van Verlatenheid. Pragtige stuk natuur en mooi versorg en bewaar deur Nasionale Parke. "
"Enige trotste Suid-Afrikaner behoort moeite te doen om ten minste een maal in sy lewe Graaff-Reinet te besoek. Dit is 'n pragtige, skoon dorp met 'n ryk geskiedenis met seker die mooiste kerk in Suid-Afrika. Dit is my derde besoek aan Graaff-Reinet en ek sal dit beslis weer besoek."