Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6660 resensies.
"Die dorpie Maclear was niks besonders nie en ons het nie veel tyd daar deurgebring nie."
"Was jare terug daar. Wat 'n seën. Wonderlike gemeenskap. Kom vir seker terug. Dis skoon, veilig en 'n fees."
"Die natuurskoon is mooi van ver af, maar ons was teleurgestel oor hoe dit vernietig word deur die gemeenskap. Daar is min tot geen instandhouding deur die plaaslike munisipaliteit."
"Klomp winkeltjies om te besoek en die Waterpark was pret. Mooiste skulpe op die strand."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
84 on Himeville"Dit is 'n onbekende juweel van 'n plek. Voor ons gekom het, het ons skaars geweet die plek bestaan. Hierdie area het baie mooi strande as mens bereid is om in die omgewing rond te ry. Veral Sardiniabaai was uiters ongelooklflik. Hierdie gaan nou ons nuwe vakansieplek word. Sal dit baie sterk aanbeveel."
"Oor die algemeen was alles baie lekker in Jeffreysbaai. Die strand is uiters lekker om te stap en ons het veilig gevoel, maar die bedelaars het ons gek gehad, veral waar die eetplekke is. Hulle kyk die kos uit jou mond uit. En hulle is jonk. Ek dink as die munisipaliteit hulle onder hande kan neem en vir hulle neon bibs gee en bietjie oplei, dan kan hulle die karre help om uit parkerings te kom in die hoofstraat. Dit was nogal 'n missie."
"Dorpie was lekker besig met die Owl Route-fietsrybyeenkoms. Daar is genoeg kroeë en restaurante om na almal om te sien. Daar is nie'n OTM of 'n vulstasie nie, en op sekere plekke is die sein vir Vodacom swak."
"Dit is jammer dat daar so baie informele verkope op die sypaadjies plaasvind en daar aangedring word op 'n geldjie."
"Morgansbaai is 'n stil, vriendelike en baie netjiese kusdorp. Dit is net wat 'n mens nodig het om af te skakel."
"Dorp en paaie is baie vervalle en vol slaggate. Eetplekke is skaars en die restaurant by die hotel waarna ons verwys is, se kos was swak. "
"Behalwe vir slaggate in die paaie, wat maar orals huidiglik in die land 'n probleem is, het ons dit baie goed ervaar. Selfs Karoo se restaurant se kos was heerlik!"