Geverifieerde Resensie
Escarpment
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1016 resensies.
"Ons het nie regtig tyd gehad om Waterval Boven te ondersoek nie. Was wel by Krugerhof op Waterval Onder. Die tuin was die mooiste en skoonste wat ek lanklaas gesien het. Die museum was vol inligting en ek het baie geleer."
"Dis 'n ongelooflike lekker plek om te rus vir n dag of twee en om weg te kom van die gejaag van die stad!"
"Quaint and friendly town, wish we could have spent more time here as there's everything we love, including the weather."
"Having been to Dullstroom several times, it is still nice; we would like to see some new shops go up for variety."
"My husband and I love natural places. Lydenburg is what we needed. It's a beautiful small town and the sight seeings are very attractive. I enjoyed the fresh breeze of air and I recommend that people should visit this place. It's near Pilgrimrest, God's Window and all other beautiful, attractive places."
"Ons was nie in die dorpie self nie, maar die onmiddellike omgewing is pragtig. Het Krugerhof en winkeltjie baie geniet."
"As 'n toeris nie vir Dullstroom geniet en onthou nie moet hy introspeksie doen. Dullstroom is saam met enkele ander dorpe in die land 'n voorbeeld van hoe toerisme bedryf moet te word. "
"Dullstroom is 'n ideale bestemming vir reisigers van Gauteng vir 'n naweekwegbreek. "
"Die weeksdag, hoewel dit in die vakansie was, was baie stil. Daar was net twee restaurante oop die aand wat ons kon sien. Maar dit is 'n pragtige, rustige dorpie. Baie vriendelike mense."
"Dullstroom is pragtig en daar is baie wonderlike plekke waar 'n mens kan tuisgaan."
"For fly fisherman, the Municipal Dam is always a great option if you do not have access to your own water. It appeared to be well managed at the time of our stay (June 2017) and although we did not fish, there were other fishermen and women catching nice trout, and a lot of surface activity was observed during the evening rise across the whole dam. Day fee of R150 per rod, allows you to keep one fish per rod. Additional fish that are kept are charged at R90/kg. Catch and release is encouraged as is fishing barbless. "
"Uitstekende bestemming net jammer Dullstroom se winkels is so algemeen; niks wat eie is aan Dullstroom en die omgewing, bv. wie wil konfyt koop wat van die Kaap kom, maar niks wat van die onmiddellikke omgewing te vind nie. Visvang word goed bemark, maar vir n gesin van 13 het ons dit baie duur gevind."
"Alhoewel dit 'n baie ou dorpie is, is daar steeds in en om die omgewing plekke wat die moeite werd is om na te gaan kyk en sommer net lekker te ontspan en rus."
"Dis my tweede besoek in 'n maand, en ek is crazy oor die plek! Het ook Kaapsehoop ontdek wat 'n groot aantrekkingskrag is vir Waterval-Onder, veral toe ek ontdek een van die gastehuise is presies my naam. Wilde perde is amazing. "
"Wonderlike dorpie, maar die paaie daarheen is 'n nagmerrie!"
"Dullstroom is 'n wonderlike dorp. As jy mal is oor Clarens of Parys dan sal jy ook baie van Dullstroom hou."
"Pragtige kunstenaarsdorpie met baie om te doen. Genoeg plekke om te eet en te drink."
"Dullstroom is 'n pragtige dorpie om te besoek en net eenvoudig uit te span en weg te kom van die stad. Dit is lekker om deur die winkeltjies te kon loop en kyk wat alles beskikbaar is. Dit was wel besiger as wat ek gedink het dit sou wees. Dit is seker weens die vertoning wat by die dam was. Die "Birds of pray center" was werklik 'n wonderlike ervaring en baie leersaam om 'n inligtingsessie by te woon met 'n lewendige vertoning van die geselekteerde voëls. "