Geverifieerde Resensie

Port Nolloth

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Nolloth bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 196 resensies.

Port Nolloth

Sunset Lagoon

"Not much to see, so only come if you want to relax by the sea. But it's too cold to swim."

Port Nolloth

Beach Shack

"Dis 'n mooi dorpie en lekker om te sien. Mense in die besighede en restaurante was baie vriendelik. Die gebruik van drank deur jongmense op die loopplank by die see, is kommerwekkend. Uit ons eenheid kon ons sien hulle in groepies drink en die bottel rondstuur. Dit skep sekerlik nie 'n goeie beeld vir die dorp nie."

Port Nolloth

Peaceful Place

"Bedelaars 'n probleem, veral by Spar. Dorp is maar bietjie verwaarloos. Vespetti Restaurant is fantasties met heerlike kos."

Port Nolloth

SeaSide Self-Catering

"Nice place for a quick getaway."

Port Nolloth

Peaceful Place

"Dalk meer restaurante en winkels wat langer ure oop is."

Port Nolloth

The Beach House and Cottage

"Dink dis ’n plek met baie potensiaal wat nie besef word nie. Maar dink dit dra by tot die karakter van die plek. Ons het dit baie geniet en sal weer daar gaan kuier. Dis waarlik ’n wegbreek van die gejaag."

Port Nolloth

Dis Al! Akkommodasie

"We realise it was out of season and thus unfortunately the beaches were not cleaned. Large amounts of rotting seaweed detracted from the otherwise beautiful beaches."

Port Nolloth

Dis Al! Akkommodasie

"Daar is baie min om te doen in die dorp. Ons kon geen vars vis te koop kry nie en al die restaurante was toe. Dis baie ver om te reis en ons het bietjie meer verwag maar die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Vir ’n paar nagte is dit ideaal."

Port Nolloth

Dis Al! Akkommodasie

"'n Baie vriendelike plek waar almal op straat mekaar nog groet."

Port Nolloth

Peaceful Place

"Goeie ligging en die mense is gasvry."

Port Nolloth

Sunset Lagoon

"Mooi rustige kusdorpie, kort 'n topklas-seekosrestaurant."

Port Nolloth

Richtersveld Experience Lodge

"Enige ontspanningsgeriewe of uitstappies wat veilig is vir enkellopende dames."

Port Nolloth

Peaceful Place

"Nie regtig enige aktiwiteite en restaurante nie, min en duur vir wat mens kry. Nie in my opinie regtig vir jonger vakansiegangers of toeriste nie, maar die moeite werd om een keer te besoek."

Port Nolloth

SeaSide Self-Catering

"Die nodige winkels is geleë in Port Nolloth, en vakansie-akkommodasie geleë in McDougallsbaai. Die strande is maar vol seeplante wat uitspoel, definitief nie 'n plek vir visvang nie - die seewater is te koud. Daar is gereelde mis wat skielik verskyn en weer verdwyn. Loop maar met plakkies op die strand, daar is orals stukkende glas tussen rotse en op die strand/duine. Mens kry die gevoel die locals raak dronk en slaan die drankbottels stukkend op die strand. Buurdorpe soos Kleinzee en Alexanderbaai was 'n groot teleurstelling, veral as jy 'n middagete daar wil kry, daar is ook nie veel winkels nie. Die strand is stil en daar is nie 'n toeloop van mense nie. Ondersteun gerus die local visplek Port Fisheries - beste waarde vir geld en heerlike vis en chips."

Port Nolloth

SeaSide Self-Catering

"Pragtige, rustige seedorpie."

Port Nolloth

Dis Al! Akkommodasie

"Rustige dorpie maar as jy bereid is om afstand te ry kan jy baie interessante plekkies sien."

Port Nolloth

SeaSide Self-Catering

"Good environment. Safe for children. Friendly people around. Would definitely recommend it for anyone who wants a peaceful getaway. We will visit again soon."

Port Nolloth

Dis Al! Akkommodasie

"Ver van alles, maar beslis 'n besoek werd."

Port Nolloth

The Beach House and Cottage

"I would love to holiday in Port Nolloth for longer. Sadly we did not feel that safe walking on the beach as it was a Friday night and there were groups of locals gathered around and openly drinking and smoking stuff. But Port Nolloth is a great little town. Would have loved to visit the museum but we ran out of time."

Port Nolloth

Peaceful Place

"A very reserved small town, refreshing and suitable for those who want to clear their mind from their daily busy schedule ."

Port Nolloth

Dis Al! Akkommodasie

"Die mense is baie vriendelik."

Port Nolloth

Peaceful Place

"Lekker plek, met lekker mense! Port Nolloth kort net meer toeriste besienswaardighede."

Port Nolloth

The Beach House and Cottage

"Die uitstallers ens. van die naweek was 'n wonderlike verrassing. Ons het vroeër jare die asgate besoek en allerlei ou bottels opgetel, asook baie pampoenskulpies by die, ek dink, perlemoenfabriek. Wonder of dit nog bestaan. "

Port Nolloth

Dis Al! Akkommodasie

"Alhoewel McDougalls teenaan Port Nolloth-dorp is, was daar vir ons definitief 'n skoner en gemakliker atmosfeer in McDougallsbaai. Ook veiliger gevoel in McDougalls."

Port Nolloth

The Beach House and Cottage

"Port Nolloth is a baie sjarmante kusdorp met 'n groot positiewe charisma. Almal is akkommoderend en baie vriendelik. Die seekos by Nemo's is baie lekker; die strand is wonderlik. All in all baie lekker en ons is van plan om volgende jaar terug te kom tydens ons toer."

Port Nolloth

Yield House on Beach Road Port Nolloth

"'n Oudtydse kusdorpie wat as oorstaan plek op pad na Richtersveld en Namibië ideaal geleë is. Die koel seelug is 'n lafenis ná die dorre Noord-Kaap en kan gerus vir 'n paar dae by 'n lang reis ingesluit word. "

Port Nolloth

Nollie's

"Port Nolloth is 'n baie rustige Weskusdorpie met 'n pragtige strand. Perfek om weg te kom uit die stadslewe."

Port Nolloth

Yield House on Beach Road Port Nolloth

"Ongelooflike lekker plek, dit was lekker warm. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Ek sal vir seker weer gaan."

Port Nolloth

Yield House on Beach Road Port Nolloth

"Mooi omgewing en het naweek geniet, maar wees versigtig vir misdaad."

Blad
Blad 5 - Wys 121 tot 150

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang