Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1024 resensies.
"Pragtige Karoo dorpie met 'n karakter van sy eie. Ons het dit al die laaste paar jaar ons oornag destinasie gemaak op pad Kaap toe. Bly elke keer 'n treffer."
"Beslis 'n dorpie wat aan ons onbekend was. Ons was aangenaam verras en sal beslis weer die dorpie besoek."
"Prince Albert is a splendid artful village. One of the highlights is a visit to Weltevrede Fig Farm."
"Prins Albert is 'n baie aangename plek. Die strate is skoon en die plek is in 'n goeie toestand."
"'n Ongelooflike skoon en netjiese dorpie, baie vriendelike inwoners, pragtige geboue en lekker eetplekkies! 'n Besonderse mooi hotel! 'n Skoon en netjiese slaghuis! 'n Fees van 'n plek!"
"Nie op 'n hoofroete nie, ek was self baie beïndruk met die dorpie en sal dit regtig aanbeveel vir iets soos 'n naweek-wegbreek. Deur net oor te slaap gaan mens die dorp eintlik mis."
"Wonderlike argitektuur en elke huis lyk of dit pas geverf is. Leen hom tot wandelinge straat-op en straat-af. Kuns- en teaterliefhebbers sal die dorp baie geniet."
"Pragtige skoon dorp met verskeidenheid winkeltjies, pragtige historiese geboue en ander besienswaardighede. Ons het te alle tye veilig gevoel in die dorp."