Resensies van Prince Albert

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.69 uit 5 gekry volgens 864 resensies.
Peggy V. - 26th March 2017
staying in Prins Albert
Pragtige dorp met die vriendelikste mense!
Marinda V. - 23rd March 2017
staying in Prins Albert
Sondagmiddagetes by die Swartberg Hotel is ongelooflik! Baie billik geprys, maar besprekings is absoluut noodsaaklik.
Dawie En Annalise M. - 22nd March 2017
staying in Prins Albert
Baie goeie rusplek en oornagblyplek. Pragtige natuur - die rustigheid van die Karoo word hier spesiaal ervaar.
Diane S. - 16th March 2017
staying in Prins Albert
Die Ghost Story Walk is die moeite werd!
Arthur V. - 11th March 2017
staying in Prins Albert
Cosy and interesting little village.
Maretha P. - 9th March 2017
staying in Prins Albert
Pragtige dorp met baie om te doen en great vir fietsryers, stappers. Daar's ook lekker eetplekke.
Irma B. - 3rd March 2017
staying in Prins Albert
Sal weer gaan. Groot bewondering vir 'n dorp en 'n gemeenskap wat soveel doen vir hul eie oorlewing. Mag die droogte gou iets van die verlede wees!
Ferdie V. - 27th February 2017
staying in Prins Albert
Pragtig.
Christie M. - 13th February 2017
staying in Prins Albert
Wonderlike dorpie met pragtige besienswaardighede in en rondom. 'n Waarlike Suid-Afrikaanse juweel en werklik meer as die moeite werd om te besoek.
June S. - 8th February 2017
staying in Prins Albert
Pragtige, skoon dorpie met vriendelike inwoners.
Kathe-mari S. - 1st February 2017
staying in Prins Albert
Sal nie omgee om daar te bly nie.
Riki C. - 1st February 2017
staying in Prins Albert
Steek maar bietjie kers op by Gauteng se voorstede en sit spoedhobbels in Pastorielaan en die Hoofstraat op. Die 'locals' jaag soos besetenes in die strate.
Hermann E. - 30th January 2017
staying in Prins Albert
Ons was beïndruk met Prins Albert se SPAR. Dit sal dalk goed wees indien verlengde besigheidsure gedurende naweke oorweeg kan word, veral vir toeriste wat moontlik laat arriveer en voorraad moet aanskaf indien hulle van selfsorgeenhede in Prins Albert gebruik maak.
Johan N. - 27th January 2017
staying in Prins Albert
'n Onaangename ervaring wat byna ons vakansiegees gedemp het: daar is verskeie aanwysings na die beroemde Kokkedoor-stoor en dit laat 'n mens dink dat dit 'n besoekersaantreklikheid is. Skaars uitgeklim, hou 'n bakkie in 'n stofwolk stil en die persoon beveel ons om die (privaat) perseel te verlaat en dat die hekke vir 'n rede daar is. Ons was te oorbluf om te verduidelik dat daar geen geslote hekke was nie. Met die uitry, het ons opgelet dat die hekke na die perseel oopstaan omdat daar werkers besig was. Natuurlik het 'n mens baie respek vir mense se privaatheid, maar as die betrokke plek nie oop is vir besoek nie, waarom dan die aanwysings? Gelukkig het 'n lang wandeling deur die dorp teen sononder vergoed vir die onaangenaamheid.
Lynette W. - 23rd January 2017
staying in Prins Albert
Pragtige dorp en ons het ook die spooktoer geweldig geniet!
Hannes M. - 18th January 2017
staying in Prins Albert
Prince Albert se gastehuise is redelik duur.
Amanda E. - 16th January 2017
staying in Prins Albert
Pragtige ou dorpie met wynplase - kan vir niks meer vra nie!
Ann G. - 12th January 2017
staying in Prins Albert
Sterrekyk is 'n moet.
Thea L. - 9th January 2017
staying in Prins Albert
Lieflike dorpie, met pragtige huise, mooi winkels, restaurante met goeie kos, en gawe inwoners.
Rolf H. - 8th January 2017
staying in Prins Albert
Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert en ons het dit regtig geniet. Alhoewel ons daar was oor 2 vakansiedae, en meeste plekke toe was vir besigheid, het ons dit steeds geniet.
Roger S. - 5th January 2017
staying in Prins Albert
Ons het 'n 'ghost tour' gehad en baie lekker in die Hotel geëet. Ons was net daar vir een aand, maar ons wil volgende keer langer in die dorpie bly.
Schalk H. - 4th January 2017
staying in Prins Albert
Pragtige en rustige dorpie.
Joos H. - 4th January 2017
staying in Prins Albert
Pragtige ou historiese en skoon dorpie. Veral aan die onderkant waar huise uit 1850 dateer. Die mense is ook almal vriendelik.
Michell B. - 3rd January 2017
staying in Prins Albert
Prentjiemooi!
Johan B. - 2nd January 2017
staying in Prins Albert
Prins Albert is een van ons gunsteling plekke in die Karoo. Die dorp is so rustig en die mense is baie vriendelik.
Dawid M. - 1st January 2017
staying in Prins Albert
Baie mooi.
Charmaine G. - 28th December 2016
staying in Prins Albert
Oulike outydse dorpie.
Christa M. - 27th December 2016
staying in Prins Albert
Gaan eet by Chris Vis die ribbetjie-en-calamari combo. Die Lazy Lizzard het wonderlike koffie, vriendelike kelners en die beste appeltert en kaaskoek ooit!
Marius M. - 27th December 2016
staying in Prins Albert
Wonderlike plek.
Albert M. - 26th December 2016
staying in Prins Albert
Die Swartbergpas na Oudshoorn is baie aanskoulik, veral in die voormiddag voor dit warm raak.
Michele M. - 24th December 2016
staying in Prins Albert
Ek is verlief op Prins Albert ... mooiste dorpie.
Marius D. - 23rd December 2016
staying in Prins Albert
Lekker plek!
Cilmi S. - 22nd December 2016
staying in Prins Albert
Oulike, karaktervolle dorpie. Heerlik geëet by The Gallery Restaurant.
Gavin M. - 18th December 2016
staying in Prins Albert
Uitstekende toeristebestemming!
Fanie C. - 18th December 2016
staying in Prins Albert
Pragtige, skoon dorpie. Dis regtig 'n juweel in die Karoo en 'n moet om te besoek. Om deur die Swartbergpas te reis was een van my beste ervarings ooit.
Ignatius S. - 17th December 2016
staying in Prins Albert
Prince Albert en die Swartbergpas is werklik 'n moet-sien. So ook die nabygeleë Meiringspoort. Reisigers na Suid-Kaap vanaf Gauteng kan gerus die N12 vanaf Beaufort-Wes neem en die baie besige N1 vermy. Prince Albert is dan die ideale oornagplek, en jy kan dan maklik by die Kango-grotte aandoen nadat jy die Swartbergpas oorgesteek het en honderde foto's geneem het.
Hennie B. - 15th December 2016
staying in Prins Albert
Op pad Kaap toe ry ons nooit Prins Albert mis nie, dit is die moeite werd om daardie paar kilometer van die N1 af te draai. Beplan jou reis so om daar te oornag. Dit bied jou die opsie om verder met die N1 Kaap toe te ry of na Hartenbos via Meiringspoort of oor die Swartbergpas.
Alta V. - 14th December 2016
staying in Prins Albert
Heerlik gekuier in Prins Albert. Pragtige dorpie en museum is uitstekend.
Abraham L. - 9th December 2016
staying in Prins Albert
Pragtige dorp met wonderlike gerestoureerde geboue en huise en pragtige winkeltjies.
Fred C. - 8th December 2016
staying in Prins Albert
Pragtige dorp met 'n wonderlike Karoo-gevoel. Mis nogal die gees wat Kokkedoor aan die dorp gegee het. Jammer dat dié reeks nie voortgesit kon word nie – dit het die dorp 'n smulpaap-gevoel gegee wat 'n mens nie nou meer voel nie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za