Geverifieerde Resensie
Rawsonville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Rawsonville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 136 resensies.
"Pragtige omgewing so tussen die wingerde en berge! Dorp se hoofstraat is geen advertensie vir die dorp of omgewing nie! Huidiglik is dit beter om die hoofstraat vermy!"
"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"
"Daar is baie padwerke in en om Rawsonville, wat dit vir 'n mens moeilik maak om by jou bestemming uit te kom, veral as jy nie weet waar jou verblyfplek is nie. Andersins is Rawsonville 'n pragtige, landelike dorp met mooi wingerde. Voorwaar 'n plek om by af te pak."
"Ons het die plek verken, lekker wynplase besoek, 'n pub besoek en rugby gekyk. Alles was lekker sal weer daarheen gaan."
"Melwierda Winery was wonderlik. Het daar 'n wynproe gedoen wat 2,5 uur geduur het. So goed was die gesels."
"Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak."
"Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon."
"Rawsonville is 'n pragtige omgewing en absoluut ideaal vir 'n wegbreek naweek of selfs langer tydperk."
"Die Rawsonville omgewing is baie mooi met heelwat kelders en restaurante wat besoek aangenaam maak."
"Rawsonville is 'n rustige dorpie. Behalwe vir die wynplase in die omgewing is daar nie veel om te doen nie. Voldoende vir 'n luilekker rustige naweekwegbreek. "
"Skoonste dorpie wat ek in 'n lang tyd gesien het, sal wat wil gee om daar te bly! Een woord: PRAGTIG!"