Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1982 resensies.
"Lekker sentraal. Sunwich Port is die ideale wegbreek as jy massas mense en besige strate wil vermy."
"Kingsburgh proved to be a very good destination. Not too crowded and had all the facilities required for beach holiday."
"Dit is 'n klein dorpie , maar baie stil en rustig. Daar is vele strande om Kingsburgh wat besoek kan word so dit maak elke dag opwindend en iets om na uit te sien."
"Alle nodige winkels is baie naby en snelweg ook naby genoeg om ander gebiede te bereik."
"Ons kom al 'n hele paar jaar na Uvongo toe. Dis mooi, stil en die mense is vriendelik!"
"Baie mense was baie siek oor die rioolprobleem in die area wat mense siek gemaak het. Ugu is pateties!"
"Ons het meer uit gery na plekke toe aangesien daar nie veel in Kingsburgh is nie maar a.g.v. die ligging is dit nie 'n probleem om uit te ry nie want dit is lekker sentraal."
"Die naaste dorp/brandstof/winkels en so aan is alles 3 minute se ry. Baie gerieflike ligging!"
"Uvongo se strand was heel week gesluit omdat die water te vuil was om in te swem. Die kraanwater is ook ondrinkbaar. Die munisipaliteit laat werklik sy toerisme bedryf in die steek."
"Ons geniet die stilte van Munster en veral om vroegoggend langs die strand te gaan stap. Die swemstrand het lewensredders wat jou gemoedsrus gee. Laagwater is elke keer 'n unike belewenis om dan verby die rotse oppad na Muster strand die poele vol vissies en ander see diertjies te besigtig."
"Typical of the KZN lower south coast, good in parts but short of quality restaurants. The few decent ones are usually fully booked."
"Fantastiese plek maar nie genoeg eetpkekke nie en die paaie is sleg van die slaggate."