Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 459 reviews.
"Dit is 'n klein plattelandse dorpie met net die nodigste winkels. Die sterrewag is indrukwekkend. Die mense is baie vriendelik. "
"Ons het Sutherland vreeslik geniet en was baie gelukkig om die sneeu te kon beleef. Ons het heerlike boontjiesop met vetkoek by die Ou Meule geniet, maar daar was ook ander tradisionele geregte soos afval en skaapskenkel beskikbaar. Blue Moon se beesstert was uitstekend. Sutherland moet op elkeen se emmerskoplysie wees. "
"Lovely, tranquil town. Recommend visits to SALT observatory, planetarium and dinner at Blue Moon restaurant."
"Sutherland is 'n klein, ongerepte, plattelandse dorpie. Dit het 'n eie aardigheid wat mens kan waardeer, siene hoe afgeleë dit is. "
"Interessante inligting met besoeke aan die besienswaardighede. Nul grade was toe nie só koud nie."
"Ons was baie teleurgesteld oor die totale onbereikbaarheid van die persoon wat die NP van Wyk Louw huis aan belangstellendes moet wys. Haar nommer lui net en ons verneem toe by ander gaste dat dit die norm is. Die huis is 'n erfenis-skat en behoort beskikbaar te wees vir besoekers. Baie dankie aan die koster van die historiese kerk vir 'n wonderlike kerkgebou-toer en komplimentêre geskiedenis-oorsig van die dorp en kerk. "
"Sterre en nogmaals sterre! Doen en kyk als oor die sterre. Gemaklik om oral heen te loop en te verken!"
"Alles is baie nice in Sutherland, voel of die tyd stilgestaan het. Net die ontvangsdame by die sterrewagsentrum is vrek ongeskik gewees. Sal niemand soontoe aanbeveel nie."
"SALT besoek was fantasties en Stargazing by Sterland werklik 'n ondervinding wat ons vreeslik geniet het. "
"SALT se begeleide toer 'n moet. Planetarium in die dorp 'n baie lekker ervaring. Hoop toerisme hou hierdie dorpie so aan die gang. "
"Maak seker oor die maan, moet nie op volmaan gaan nie! Probeer ook maar liefs die wintermaande. Ons het geen sterre gesien tydens Paasnaweek 2019. Was bewolk. Het in herfs koud gekry, so wees voorbereid indien jy in die winter gaan!"
"Pragtige klein dorpie wat op elke persoon se lysie van moet sien dorpies wees. Wil graag weer daar gaan kuier in die winter as daar sneeu is. Almal in die dorpie is baie vriendelik en behulpsaam. "
"Die hemelruim is vol verrassings wat 'n mens se verstand te bowe gaan. Verskeie geleenthede beskikbaar om meer uit te vind en te sien."
"Baie leersame ondervinding. Ons het die aandsessie na Jurg gegaan om die sterre te kyk en sy aanbieding daarvan baie geniet."
"'n Klein dorpie met 'n enorme toevoeging tot kennis en insig, vaardighede en nog wat."