Geverifieerde Resensie
Sutherland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sutherland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 447 resensies.
"Sutherland het baie om te bied. Doen 'n toer by die sterrewag op die kop gedurende die dag. Besoek Oom Jurg, soos mens Sutherland vanaf Tjol se Gat inry, in die aand. Mede-reisegers wat ons by Blue Moon Restaurant ontmoet het was baie beïndruk met Oom Jurg se kennis en aanbieding. Ons vermoed ons het die kort strooitjie getrek met ons aanbieding by die sterrewag in die aand. Serpie, mussie en handskoene vir die winter nè!"
"Loved the small town of Sutherland. People was so friendly. I would highly suggest supper at Ou Meule. The food was beyond delicious. Best meal I have ever tasted. The food was served by special people. They made the evening super special. The OK food store was the biggest surprise. They stocked everything and anything. Well worth it. We went stargazing at Jurg's. What an awesome man with so much knowledge. Loved the stars. The only negative was the amount of people that was there. Sutherland will definitely see us again."
"Baie klein en oulike dorpie. Die sterre en die Sterre Observatorium is die hoogtepunte!"
"Die planetarium was 'n teleurstelling, ons het verwag om daar meer oor die sterre en die hemelruim te leer, maar helaas, daar was meer advertensies en onnodige inligting as enige inligting oor die hemelruim."
"Sutherland het soveel om te bied vir mense wat van die heelal meer wil weet en nog baie meer."
"SUTHERLAND Hier is die na amper dag, waar sterre vonkel en die maan blinkoog lag. Sirkels in en om die maan kom so naby dat mens dink dat jy amper langs dit staan. Waar strate nog nat kan dou en die kerkklok lui soos wat dit tyd hou. Skaapstertjies, oxtail en malvapoeding hartskos wat jou terug sal bring. Konfyt gemaak van fyn kambro Sutherland in die verre Karoo. Versteek tussen sand en klip, Daar sal sterre en planete nooit verby kan glip. Selfgeskryf: 2021"
"Sutherland is a lovely Karoo town. We had a delicious meal at the Blue Moon restaurant. The observatory is closed at present but it will be a highlight again post Covid."
"We went again to Sutherland specifically for the SALT tour, but through no-one's fault, it was cancelled because of the Covid-19 lockdown."
"Infrastruktuur sukkel met baie toeriste. Was ongelukkig om nie plek te kry vir aandete in enige van die 4 resturante nie. Maar die sterreprag het absoluut opgemaak daarvoor."
"Ek hoop al die besighede in Sutherland besef dat nie almal internasionale kliënte is nie en ons hulle probeer help, kyk bietjie na julle pryse vir Suid Afrikaners."
"Blue mooi, restaurant is ongelooflik. Jammer net vir die skouspelagtige wolke wat ons sterre kyk belemmer het."
"'n Dorp wat mens nie moet mis nie. Wonderlike karoomense, sterrehemel, stapstrate, kuierplekke. Sonder 'n besoek is jou lewe armer."
"Gaan besoek vir Tjol by sy pub net buite die dorp. Hy is een van daai merkwaardige mense wat gesels baie geniet en omtrent die enigste aanwins in die dorp."
"Mooi, klein en skoon dorpie. Plaaslike meganiese winkel was baie behulpsaam. Hulle het voorraad van ’n buiteband gehad om my SUV-voertuig se band te vervang wat stukkend gery was op ’n grondpad. Grondpad vanaf Calvinia na Sutherland baie sleg. Nie aanbeveel vir enige voertuig nie."
"Sutherland is n baie lekker kuier plek met die vriendlikste inwoners. Dis 'n gedeelte van ons land wat regtigwaar 'n moet is om te besoek!"