Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Sutherland

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sutherland bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 942 resensies.

Sutherland

Die Heks se Huis

"Sutherland is 'n geskiedkundige dorp met 'n baie ryk erfenis. 'n Verskeidenheid aktiwiteite is beskikbaar waarvan 'n besoek aan die sterrewag asook sterrekyk 'n moet is. Aanbieders doen regtig baie moeite om leke soos ons te vertel waarna ons kyk as ons na sterre kyk. Sutherland behoort op enige reisiger se doenlysie te wees."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Pragtige dorp met hope sterre-kennis."

Sutherland

Jack of the Karoo

"Die omgewing is vredevol en rustig. Nogal baie om te doen vir so klein plekkie. Planetarium. Onthou om die dag- en nagtoer te doen by die teleskoop. Die Blue Moon het baie lekker kos en is 'n baie knus restaurant. Vriendelike, hulpvaardige diens. Sal definitief weer gaan, vir langer."

Sutherland

The V8 Guest House

"Sterrekyk by oom Jurg, SALT en die planetarium was beslis die moeite werd."

Sutherland

Jubilee Cottage

"Straatname kan dalk aangebring word, die Planetarium is die moeite werd om te besoek."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Daar is baie om te doen en sien in dié klein dorpie en dis die ideale bestemming as jy wil sterrekyk in die Karoo."

Sutherland

Kleine Hansie Kothuis

"Heerlike en rustige plek. Inwoners is so vriendelik en gasvry. 'n Plek om te geniet."

Sutherland

Primrose Cottage

"Die Ou Meul - baie oulike restaurant. Sterrekyk net onmoontlik as dit bewolk is. Teleskope baie interessant - maak net seker jy het bewys van inenting anders gaan hulle jou nie toelaat op die perseel nie (besprekings vir teleskooptoere deur Quicket). Baie koud - so neem warm klere saam."

Sutherland

Die Heks se Huis

"'n Plek om tenminste een keer in jou lewe te besoek!"

Sutherland

Kleine Hansie Kothuis

"Ons het die sterrekyk geniet, maar as die weer nie saamspeel nie, mors jy jou tyd. Net een teerpad in na die dorp as jy met 'n gewone voertuig ry. Wees bewus daarvan. Beslis net vir natuurliefhebbers."

Sutherland

Settle Inn

"Dit is 'n prag deel van ons land wat gerus meer besoek kan word - Nou met die goeie reën het dit die omgewing met vol damme en spruite gelaat. Baie vriendelike mense."

Sutherland

Aandster Selfsorg Akkommodasie

"Ons kon vleis by 'n slaghuis koop en daar was 'n algemene handelaar wat die selfsorggoed voorsien het en 'n drankwinkel. Brandstofvoorsiening nie goed nie."

Sutherland

Jack of the Karoo

"Mense is baie vriendelik. "

Sutherland

Sterboom Self-catering Cottage

"Friendly locals, excellent roads but very cold. Take your warmest clothes."

Sutherland

Pa se Engel

"The guided tour of the observatory was a little disappointing. The guide was hard to understand, the explanations were rushed and she seemed disinterested. A pity because the observatory is definitely worth a visit."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Goeie toeristebestemming, veral die astronomie-gedeelte."

Sutherland

Skitterland Gastehuis

"Pragtig en so interessant!"

Sutherland

Little Artist Cottage

"So much to do and see. Beautiful pass coming from Matjiesfontein."

Sutherland

Perlman House

"Sutherland het soveel meer te bied as net sterrekyk. Klim uit jou boksie en gaan ontdek die juweel van 'n plek."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Heerlike naweekuitstappie, maar wees voorbereid om selfsorg te kan doen vir plan B indien jou etebeplanning nie uitwerk nie. Gelukkig was Die Boorgat oop en gereed toe ons teen 13:45 steeds by 'n (aanbevole) toe deur te staan kom vir middagete elders. Op 'n Saterdag. Weens vorige ervarings op soortgelyke klein dorpies, het ons brood, kaas, melk, jogurt gereed gehad. Klein dorpies is op Sondag dikwels toe of die keuses is ongelooflik beperk, of nie noodwendig goed nie."

Sutherland

Boorgat

"Very hospitable little town with some lovely restaurants. Most activities are centered around the Observatory and star-gazing. Definitely worth a visit (but take warm clothes!)."

Sutherland

Die Prokureurshuis

"Besoek gerus die Boorgat restaurant."

Sutherland

Little Artist Cottage

"Behalwe vir SALT en Star Gaze aandsessie is daar nie veel om te doen nie."

Sutherland

Skitterland Gastehuis

"Skoon en aantreklike dorp. Vriendelike mense. Blue Moon restaurant se skaapnekgereg was baie lekker. Willem het ons die sterre gewys."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Ons het dit geniet om die klein begrafplasie te besoek. Die star gazing by die planetarium was uitstekend. Willem, wat die sessie aangebied het, is baie vriendelik en het 'n besonderse kennis van die sterre en veral selfoonkameras. Hy het ons gehelp om die mees onvergeetlikste foto's van die sterre te neem."

Sutherland

Malan's Rust

"Veilig, rusting en stil."

Sutherland

Sterland Skrywershuisie

"Sal weer daar 'n draai wil maak."

Sutherland

Sterland Skrywershuisie

"Pragtige nagte met baie sterre."

Sutherland

Jack of the Karoo

"Kan die plek aanbeveel."

Sutherland

Malan's Rust

"A must too visit. Ouberg pass excellent. Withuis is an awesome place too eat and have a few drinks. The stars are breathtaking. Awesome town."

Blad
Blad 9 - Wys 241 tot 270