Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 447 reviews.
"Sutherland is ‘n pragtige dorpie en alles is daar wat ‘n mens kan nodig kry op ‘n vakansie."
"Sutherland is 'n mooi Karoodorp en alhoewel SALT toe was tydens ons besoek kon ons steeds geholpe raak by Discover Sutherland & Planetarium wat uitstekend was."
"Die NG Kerk is pragtig binne en buite, 'n begeleide toer is beskikbaar. Die dorpie is baie skoon en mense is vriendelik. Ons het heerlike lamskerrie by Jupiter restaurant gaan eet. Die sterrekyk die aand buite die Planetarium is beslis die moeite werd, asook die vertonings in die Planetarium deur die dag. Ons kon ongelukkig nie die Louw Huis besoek nie, want ons moes vroeër bespreek het. Bly gerus ten minste 2 aande oor, want daar is genoeg om te sien en te geniet. Sutherland is 'n onopgesmukte, egte Karoo juweel."
"The SALT-tours really need to be reopened properly, at the moment it is just drive-through with no explanations. Great stargazing at Jurgs."
"Dit was my 2de besoek aan Sutherland, en die slaghuis wat geskuif het se diens is nie so vriendelik soos die vorige een nie. Geen fout met die vleis nie - inteendeel was dit heerlik sag."
"Enige sterrekyker se droom as dit nie bewolk is nie! Ons het ‘n wonderlike donderstorm ervaar met lekker reën. Jupiter het aangename personeel en deur beurtkrag het hulle ons baie tuis laat voel en lekker geëet!!!"
"Dis definitief 'n móét om te gaan sterrekyk by Sterland op Sutherland. "
"Ons het volgende oggend deur Sutherland gestap en bietjie vertoef by soldaat-grafte. Sal graag volgende keer die museum wil besoek. "
"Baie mooi omgewing, ons het baie nuwe dinge geleer en ervaar, wees net versigtig watter eet plekke gebruik word."
"Beslis die bestemming vir die wat rustigheid verkies en 'n belangstelling in die sterrehemel het. 'n Besoek aan Jurg by Sterland in die aand is ook die moeite werd - baie interessant!"
"Ons het ook sterre gekyk saam met Jurg by Sterland. En ek sal dit vir seker aanbeveel. Wat ‘n belewenis! Sutherland lyk soos ‘n dorpie wat vasgevang is in die verlede en ek sal voorstel dat jy tenminste ‘n paar aande daar deurbring om te verken en die mense te leer ken. Een nag was nie genoeg vir ons nie, sal moet teruggaan. "
"Dit is baie interessant en as jy nog nie in Sutherland was nie het jy nie SA gesien nie."
"Vir seker ‘n plek om te besoek met die sterrekyk-aanbieding in die aand (reël privaat) en ‘n besoek aan SAAO. Dan boonop plaaslike gasvryheid in ‘n besonderse deel van ons land."
"So baie om te sien en doen, gedink twee dae gaan dalk te veel wees, kon maar nóg twee gebly het. "
"Sutherland is 'n pragtige skoon dorpie met lekker eethoekies, winkeltjies en museums. Daar is ook heelwat blyplek te huur. Die mense is ook baie vriendelik. Dit het 'n interessante geskiedenis waaroor besoekers kan verneem in Jurg, by Sterland Kampering, se lêer wat hy jou in die hand stop as jy daar aankom. "
"Wonderful planetarium, bad gravel road for 20 km out of town or all the way back to Matjiesfontein to the N12."