Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9271 resensies.
"Daar is eetplekke vir elkeen se smaak en voorkeer. 'n Moet op enige iemand se lys wat nog nie Plet besoek het nie."
"Die area bied 'n ongelooflike hoeveelheid interessanthede wat baie naby is en ook nie die bank breek nie."
"Indien enigiemand Stilbaai besoek moet hulle 'n draai maak by Inverroche Gin Distilleerdery."
"Dit is 'n baie lekker en rustige omgewing en jy kan baie ver langs die see gaan stap met mooi uitsigte landwaarts. Daar is Saterdae 'n uitstekende boeremark wat gemeenskap se inisiatief toon. Jy kry baie lekker ontbytgeregte by die markie vir alle soorte eetsmake en daar is 'n groot verskeidenheid plaasprodukte te koop."
"Fantasties, alles is so skoon en netjies en 'n fees om net rond te ry en alles in te neem van die natuurskoon tot die mense wat so vriendelik is."
"Knysna is 'n baie mooi plek en daar is baie dinge om te doen en te sien in en buite Knysna ook. Plettenbergbaai (Birds of Eden, Knysna Olifant park, Monkeyland Teikwa, Nature's Valley, Tsitsikamma Natuurreservaat, Bloukrans Bridge Bungy Jump, Tsitsikamma Canopy Tours, Stormsriviermond (staproetes), Knysna Heads, Brenton-on-Sea, Featherbed Private Nature Reserve, Noetsies die Kasteel en nog vele meer!"
"Bring alles saam wat jy nodig het, maar die winkel verkoop basiese benodigdhede."
"Brenton on Sea is perfek weggesteek en tog redelik naby aan Knysna as jy die ekstras nodig het om te koop."
"Dit is 'n baie mooi strand en nie te bedrywig nie. Dit is reg vir 'n wegbreek uit die bedrywige stadslewe."