Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7961 reviews.
"Interessante plekke om te besoek. Mense baie behulpsaam. Paaie in ‘n slegte toestand."
"Lieflike, skoon en netjiese dorpie. Ontspanne atmosfeer en baie vriendelike mense. Baie winkeltjies om deur te stap en heerlike eetplekke. Lieflike natuurskoon."
"Ons het vir 2 dae, van aankoms aanhoudende reën gekry, sal net graag 'n afdak wou hê waaronder ons sou kon braai. Die stoepe is ongelukkig net met skadunet ingerig. Ons is mal oor die groot glas-voudeure wat kan oopmaak sodat jy voel jy word deel van die pragtige landskap."
"Ons wou graag die dorpie bietjie gaan verken voor ons verder reis, maar teen 08:30 was die meeste plekke nog toe."
"Altyd 'n plesier om Parys te besoek, maar die strate gaan alweer agteruit, te veel slaggate!"
"Nie geweet al die eetplekke is toe op 'n Maandag! Maar ek is baie in my skik oor die Spur in Parys! Was skoon en netjies met goeie diens! "
"Juweel in die Oos-Vrystaat, en die ligging tussen die berge, al die winkels en eet-plekke (dankie tog geen franchise eetplekke nie) maak dit 'n ideale naweek wegbreek."
"'n Klein supermark sal voordelig wees vir gaste wat die omgewing besoek."
"Die dorp was rustig, maar die pad in moet definitief na gekyk word. Enige persoon wat inry op die R59 behoort net gewaarsku word."
"Baie veilige en rustige area. Baie netjies en naby aan die nodigste inkopiesentrums. "
"A clean, friendly town. Beautiful art galleries, interesting little shops and very good pubs and restaurants, A well-stocked general dealer with a very surly gentleman behind the counter!"
"Clarens en die Golden Gate is vir ons een van die mooiste omgewings in die land. Die Clarens Brewing Co beslis die moeite werd om te besoek."
"Ideaal vir waar ek vir my werk moes wees. Maar die verkose akkommodasie laat veel te wense oor."