Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6325 resensies.
Kristien V. - 15th October 2018
staying in Parys, Vrystaat
Sal weer soontoe gaan, het rustige atmosfeer langs rivier gesoek, sal net seker maak volgende keer vir ander blyplek.
Alida C. - 15th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Daar is beslis baie ruimte vir verbetering. Altyd groot lekkerte om in Clarens te kuier.
Suzelle S. - 15th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Vat baie geldjies saam, want daars bitter mooi goedjies om te koop en hulle kos is heerlik.
Katherine F. - 15th October 2018
staying in Parys, Vrystaat
Parys is fantasties!
Madelene S. - 15th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n pragtige dorp met baie goed om te doen, te sien en te koop. Het dit baie geniet!
Ina M. - 15th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Baie lekker!
Anita S. - 15th October 2018
staying in Parys, Vrystaat
Ons kon nie veel doen in Parys nie omrede ons net vir 'n kort tydperk daar was vir 'n troue en met die baie reën was dit nog moeiliker om alles te besigtig wat ons wou. Die winkeltjies in die hoofstraat het ons dadelik beïndruk. Ons het net baie slaggate gehad in die pad wat ons moes ry na The White Giraffe, Schilbach Street. Hoop ons kan weer eendag terugkeer na Parys om langer tyd te spandeer.
Cornelia D. - 15th October 2018
staying in Parys, Vrystaat
Love the area.
Johnny C. - 15th October 2018
staying in Parys, Vrystaat
Vriendelike mense, pragtige omgewing en talle inkopie-geleenthede vir die vroue.
Zizan D. - 14th October 2018
staying in Noordelike Vrystaat, Vrystaat
Die rivier is bietjie vuil.
Peter D. - 14th October 2018
staying in Panorama, Vrystaat
The wonderful little town, Clarens and Golden Gate National Park nearby in addition to other scenic drives and areas to explore.
Arista B. - 13th October 2018
staying in Waverley, Vrystaat
Waverley is 'n wonderlike woonbuurt met groot bome, mooi huise en goed versorgde tuine. Die feit dat dit aan die kant van die dorp is en naby die hoofweg maak dit 'n besondere goeie ligging vir oornagverblyf. Daar is ook 'n sentrum naby met lekker restaurante en winkels.
Riaan N. - 12th October 2018
staying in Senekal, Vrystaat
Baie lekker.
Este C. - 12th October 2018
staying in Philippolis, Vrystaat
'n Interessante dorpie met gawe inwoners.
Ronel R. - 12th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Die dorp is netjies, kon nie rommel sien rondlê in dorp nie. Die pryse in die restaurante en winkels is hoër as verwagting. Half brood kos R19.00 terwyl in normale winkel kos 'n vol grootte brood slegs R12.00.
Ansie V. - 11th October 2018
staying in Hoopstad, Vrystaat
Baie netjiese dorp met 'n groot PnP as mens selfsorg-akkommodasie bespreek het.
Sanet C. - 10th October 2018
staying in Noordelike Vrystaat, Vrystaat
Tranquillity.
Nerine B. - 10th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Mal oor die plek. Mense is gaaf. Ons sal weer Curry Bunnie Chow gaan een by Artist's Cafe en Bobotie by Die Kooperasie. Baie lekker gewees.
Louise V. - 9th October 2018
staying in Parys, Vrystaat
Dis 'n oulike dorpie met heelwat om te doen. Die inwoners is vriendelik en gesels graag. Besoek gerus O's Restuarant waar jy in 'n pragtige tuin langs die rivier heerlike geregte kan geniet. Maak seker dat jy Oppiplaas besoek en help dan om die koeie te melk om 09:00 op 'n Saterdagoggend. Die eienaars Reiki en Stan is besonderse mense en maak 'n punt daarvan om met die gaste te gesels. Hulle laat jou dadelik tuis voel. Regte mens-mense. Geniet egte moerkoffie met varsgebakte skons of 'n regte boereontbyt. Hoi Polloi restuarant, Ugly duckling winkel en Pont de Val is beslis ook die moeite werd om te besoek. Bespreking by Pont de Val is egter verpligtend. Wees egter op jou hoede vir die plaaslike verkeersmanne wat oor naweke in die aande gretig is om die besoekers die pypie te laat blaas. Ongelukkig maak sekere restaurante reeds 17:00 op 'n Vrydagmiddag toe. Maak dus voor die tyd seker waar jy gaan eet.
Tom U. - 9th October 2018
staying in Universitas Ridge, Vrystaat
Keurige area, maklik bereikbaar, gevoel van veiligheid.
Dudu G. - 9th October 2018
staying in Philippolis, Vrystaat
It could be nice if the rooms could have TV and WiFi.
Sune C. - 9th October 2018
staying in Smithfield, Vrystaat
Pragtige dorpie.
Christine K. - 9th October 2018
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Die dorp is baie verwaarloos.
Engeli A. - 9th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is baie gefokus op die toeristemark, so dis bietjie duur om iets daar te koop. Nie al die winkeltjies nie, maar wel meeste van hulle. Die dorpie self is mooi en die berge in die omgewing (Golden Gate) is asemrowend.
Janita D. - 9th October 2018
staying in Parys, Vrystaat
Friendly people.
Estelle M. - 9th October 2018
staying in Harrismith, Vrystaat
Toestand van strate baie sleg. Die mense met wie ons te doen gehad het baie vriendelik en behulpsaam. Jammer dat die dorp, soos soveel plattelandse dorpe, so agteruit gegaan het.
Tina K. - 8th October 2018
staying in Trompsburg, Vrystaat
Dis landelik en stil met 'n paar winkels en petrolstasies.
Liane J. - 8th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi wêreld en oulike dorpie. Koop vleis en bykosse by die huis en vat saam. Baie basiese produkte beskikbaar in Clarens.
Stefan V. - 8th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Die omliggende omgewing is baie mooi en die dorp is heeltemal ingestel op toerisme, wat dit 'n baie lekker naweekwegbreek maak.
Claire S. - 8th October 2018
staying in Waverley, Vrystaat
Safe and pretty suburb.
Henri K. - 8th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is koning en staan glad nie terug vir enige ander toeristedorpie in SA nie. Selfs die pad vanaf Gauteng is opgradeer en jy kan nou maklik in net meer as 3 ure vanaf Pretoria na Clarens reis! Die enigste kritiek t.o.v. ons besoek aan Clarens was dat die braaihout, sowel as kaggelhout, wat ons by die onderste petrolstasie gekoop het, grasgroen, en dus onbruikbaar was!
Corrie R. - 8th October 2018
staying in Harrismith, Vrystaat
Lekker breë strate. Weg van die N3 se geraas. Lekker halfpad van die Rand na die see. Pragtigste ligging aan die voet van die berg. Sterkte met die waterprobleem.
Christo H. - 8th October 2018
staying in Ladybrand, Vrystaat
Die munisipaliteit kan net asseblief iets aan die strate in Ladybrand doen.
Obie V. - 8th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Meeste winkels onbetaalbaar duur, maar pragtige dorpie om deur te loop.
Willie P. - 8th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Dis 'n pragtige dorpie en baie rustig. Sal graag weer daarvan gebruik wil maak.
Christo O. - 8th October 2018
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Rustig omgewing, maar tog naby genoeg aan alles.
Bianca G. - 8th October 2018
staying in Parys, Vrystaat
Baie oulike dorpie vir 'n vinnige wegbreek.
Jolandi L. - 8th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n baie oulike dorpie. Dit was ons eerste keer daar, het deur die Golden Gate Nature Reserve gaan ry, was baie mooi en kon soveel mooi foto's neem. Sondag het ons deur die dorp gaan stap. Dit was so lekker en mens voel so veilig! Daar is baie winkels om te besoek en al die winkel eienaars en/of assistente is so vriendelik en behulpsaam. Was 'n plesier om 'n naweek daar te spandeer!
Annette C. - 8th October 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Onbeskryflike mooi natuurskoon.
Self S. - 8th October 2018
staying in Parys, Vrystaat
A piece of heaven!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za