Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7904 resensies.
"Bloemfontein is a great place for business travelers as everything is close by and it's a great city to network."
"Definitely will visit them again, because there are so many places to try out there for the food. We will defnitely go back to The Highlander, we had lunch with pizza's and chips, then dinner was crispy Eisbein and Artist's Cafe had breakfast with roosterkoek and savoury mince and toasted chicken mayo with filter coffee, and at Post House Restuarant we had chicken peri-peri livers and dagwood and chips. The Silo Padstal also has nice things and we bought potatoes and apples to take home. Definitely will visit in future again. Lovely place."
"Baie lekker vir al die kuierplekkies en antiques, maar was verras met hoeveel oulike winkels toegemaak het."
"Clarens is uniek en baie rustig met 'n pragtige ligging so teen die voet van die berg. Die verskeidenheid van winkeltjies met allerhande interessante items maak Clarens baie spesiaal en uniek. Die restaurante se kos is uit die boeke, regtig smaaklik en met styl aangebied en die pryse is goed vergelykend met enige ander plek in die land. Daar is ook voetslaanpaaie as jy sou wou. Perderitte om die plein is ook iets wat jy nie sommer enige plek in die land kry nie."
"Slegte paaie soos enige ander plek in ons land, maar die dorp se ligging is pragtig en goeie besigheidskomplekse."
"Clarens is a world far different from what I'm used to. People were warm and welcoming. It is a place where strangers become fast friends. I could walk around town with my handbag over my shoulder without any fear for my safety. The atmosphere was warm, busy and musical. You are sorry to go when the time comes."
"So mooi dorp en so baie om te sien en te verken. Almal vriendelik en hulpvaardig."
"Het die dorp baie geniet, lekker baie gestap en als besigtig. Dankbaar vir sulke pragtige dorpies in ons land."
"Vriendelike, interessante dorpie. Die meeste van die oulike, interessante winkeltjies was egter toe alhoewel dit op 'n Donderdag en Vrydag was. "
"Dit lyk vir my dat Bothaville soos baie ander plattelandse dorpe verwaarloos word. Slaggate was groot probleem in Bothaville. "
"Paaie en sypaadjies verskriklik sleg, moeilik om daar te ry al het jy 'n bakkie of 4x4. Oor naweke overcrowded winkeltjies om die sirkel. Geen borde wat besienswaardighede soos byvoorbeeld die dam of waterval aandui nie. Pryse oor die algemeen baie hoog."
"Was altyd ons gunsteling oornagdorp, maar tye het verander en infrastruktuur kort baie aandag."
"Alhoewel klein en met die beperkinge van 'n klein-dorp in die Oos-Vrystaat is dit mooi daar in die omgewing. Doen maar alle belangrike aankope elders en bring dit saam. Die pad van Clarens af is eintlik nog baie goed onderhou, maar na Ficksburg lyk dit nie so goed nie."