Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7979 reviews.
"Lovely area for walking and viewing the mountains. All paths clearly marked and well laid out."
"Tsv die slaggate. En die algemene verval is die omgewing. Ons het die Oos-Vrystaat ervaar, lieflik. En die tipiese gebruik van sandsteen in die argitektuur is enig. Sou graag sien dat dit bewaar word."
"Clarens is 'n baie oulike dorpie, die rustigheid en views is to die for! Lekker eetplekkies."
"Restaurante sluit te vroeg in die middag/aand gedurende vakansieseisoen. Clarens as dorp kan doen met 'n netjiese kruidenierswinkel vir selfsorg-vakansiegangers. Die enigste 2 spaza shops waar mens kruideniersware moet aankoop in die dorp is vuil en deurmekaar - nie 'n lekker koopervaring."
"Everything is closed on New Year's Day and no shops for any type of purchase so come prepared. Rather just book into Hillside Lodge, then you will be sorted."
"Moet net nie na Fouriesburg se dorp toe gaan nie, baie teleurgesteld. Ry eerder Clarens toe."
"Dit bly lekker om Clarens te besoek! Altyd iets nuut. Probeer gerus die Platform vir 'n ander soort koffie!"
"Daar is die rivier, oulike restaurante, baie antieke meubelplekke, ens., maar mens sien ook maar die verval soos in enige ander van ons kleiner dorpies."
"Clarens is 'n pragtige dorp in die Oos-Vrystaat met 'n groot verskeidenheid eetplekke en snuisterywinkels. Verskeie besienswaardighede kan tydens dagritte vanaf Clarens besoek word."
"Road from Clarens to Fouriesburg, then Fouriesburg to Ficksburg too terrible."
"Dis 'n klein dorpie met min besienswaardighede. Mens moet hierna kom as jy net rus en vrede soek. Die winkels is beperk en maak vroeg toe op Sondae en vakansiedae. Vir stadsjapies soos ons, het dit ons onkant betrap, maar met die vriendelike gasheer van Rustic & Regel was ons vinnig uit 'n panarrie gehelp."
"Smithfield is 'n klein dorpie met beperkte besienswaardighede. Hierna moet jy kom as jy rus en min gewoel soek. Dis belangrik om ingedagte te hou dat die winkels beperk is en dat dit op vakansiedae vroeg toemaak."
"Aangenaam verras oor die geskiedenis van die Voortrekkers en ontstaan van die dorpie. Kan dit afmerk op my "bucket-list", sou eintlik graag langer wou bly om meer te sien."
"Clarens is pragtig, veral as jy die Golden Gate staproetes en attraksies ook in ag neem."