Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 43854 resensies.
"Die dorp het redelik sy karakter verloor en Covid en heelwat klein besighede affekteer. Ek verkies die see en die woude bo die besige dorp en redelik vuil handelsentrum."
"Dit is 'n baie rustige, veilige en pragtige plek om te aanskou. Ek sal dit beslis weer in die toekoms besoek."
"Swellendam is like a little piece of heaven in the Langeberg Hermitage valley. We have already booked 2 more visits in the surroundings! #hooked"
"Uitstekende dorpie. Rustigheid en die sneeu en berguitsigte was baie mooi. Saterdag rustig deur die dorpie gestap en by talle eetplekkies en kunsgalerye aangedoen. Almal werk saam sodat Greyton (Kaapse finalis) Dorp van die Jaar wen, oral in die dorp is baniere aan die pale. Het baie mooi alternatiewe verblyf gekry, maar moes Vrydag en Saterdag by verskillende plekke oornag."
"Ons het die rustigheid baie geniet. Kinders ry fiets in die strate. Mooiste staproetes in en om die dorp."
"Eerste keer op Darling, sal beslis terug wees om die plaaslike gemeenskap in die tyd van nood te ondersteun."
"Klein vissermansdorpie, met heerlike restaurante vir smaaklike etes. As jy net wil wegkom van die stad geraas, dan is Paternoster die antwoord vir jou!"
"Oudtshoorn het ons nog nooit teleurgestel nie. Mense is hartlik en vriendelik."
"There are lots of restaurants to choose from in the area. And a variety of things to do and explore."
"Wat 'n lekker klein dorpie. In die midde van ander dorpe soos Napier, Aghulas en Arniston wat ons gaan verken het."
"Ons sal graag ons eie huisie hier wil hê! Rustig en nie so "commercialised" soos ander stranddorpies nie."