Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.51 uit 5 gekry volgens 18111 resensies.
Chanteaul R. - 20th November 2017
staying in George, Wes-Kaap
Pragtige plek met die mooiste berg in die agtergrond en vriendelikste mense. Vervoer museum 'n moet sien, baie waarde vir die toegangsgeld.
Chris L. - 20th November 2017
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Wil graag 'n huisie by die see hê! Daar is net een kus en dit is die Weskus.
Burnie N. - 20th November 2017
staying in Paarl, Wes-Kaap
Die beste plek in ons land!
Elna G. - 20th November 2017
staying in Tuine, Wes-Kaap
Supermark naby, baie sentraal en gemaklik bekombaar met selfs die bus of stap as jy fiks is.
Francois M. - 20th November 2017
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Waar is daar nog so 'n kombinasie van berg en see? Heerlike strande, pragtige kilometer lange geplaveide kusroetes om te stap, swempoele en as jy mooi kyk, dalk 'n walvis wat speel! Word jy dors of honger is daar talle koffiewinkels, goeie restaurante, almal 'n klipgooi van die see. Vir die fikser en meer avontuurlustiges is daar heerlike veilige staproetes in die berge rondom die dorp waar 'n mens nog altyd die koel seeluggie kan geniet en Walkerbaai in die oog het. Die Heme-en-Aarde vallei bokant Hermanus het oor die afgelope 30 jaar ontwikkel as een van die mees gesogte wynstreke en daar is oral proelokale waar jy jou and die beste wyne kan verlustig en as die beursie dit toelaat, kan koop. Dis voorwaar 'n unieke kombinasie nêrens elders te vind nie!
Anné P. - 20th November 2017
staying in Pearly Beach, Wes-Kaap
Pearly Beach het 'n baie mooi strandgebied met lekker lang sand strande, ideaal om net op die strand te sit en ontspan of of lang ente te gaan stap. Die natuurskoon is asemrowend . Die karavaanpark het 'n baie interessante winkeltjie met vreeslik interessante goed daarbinne.
Eleanor C. - 20th November 2017
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Tulbagh is pragtig.
Lynette B. - 20th November 2017
staying in Sederberg, Wes-Kaap
Food for your soul!
Anche L. - 20th November 2017
staying in Robertson, Wes-Kaap
Die Four Cousins Restaurant is fantasies!
Tielman V. - 20th November 2017
staying in Velddrif, Wes-Kaap
Baie skoon en netjiese dorp. Hou baie daarvan.
Leoni V. - 20th November 2017
staying in Klapmuts, Wes-Kaap
Maak vooraf seker oor die tye wat die plek oop is want ons was verras toe Fairview vir 'n privaat funksie vroeg gesluit het en nie alle eetplekke is oop vir ontbyt en aandete nie.
Anel S. - 20th November 2017
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Daar is genoegsame werk in Somerset-Wes, maar blyplek is uit verband duur.
Fransie L. - 20th November 2017
staying in Stellenbosch, Wes-Kaap
Wonderlike dorp.
Dirk V. - 20th November 2017
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Uitstekende verblyf en uiteet bestemming. Baie om te sien en te doen. Diens was goed tot uitstekend. Wees net versigtig met keuse van restaurante.Lees vorige besoekers se resensies eers voor 'n mens besluit. Olive Grove restaurant in die Tulbagh hotel is uitstekende waarde! Mens moet maar net jou huiswerk doen om die beste vir jouself te kies.
Tielman V. - 20th November 2017
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Geen oop winkels aangetref na 13:00 op 'n Sondag nie. Baie skoon dorp.
Wilna B. - 20th November 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Wat 'n lieflike dorpie. Ons het heerlik gekuier ten spyte van die water beperkings. Die sonsondergange is ongelooflik. Vir uiteet: Kaijaiki was ongelukkig n teleurstelling. Lulas was n heerlike verassing. Ons het ontbyt geniet wat regtig smaaklik voorberei was. Yzerfontein is die ideale vakansie dorpie.
Coretha O. - 20th November 2017
staying in George, Wes-Kaap
Baie te sien en te doen in die area.
Patrick R. - 20th November 2017
staying in Suidelike Voorstede, Wes-Kaap
It's peaceful and away from the hussle and bussle of the CBD.
Charles K. - 20th November 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Baie mooi.
Alzaine K. - 20th November 2017
staying in Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Pragtig en boomryk.
Ronald D. - 20th November 2017
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Dit is 'n baie mooi bestemming. Die restaurant is so bietjie van 'n teleurstelling, alhoewel die kos baie smaaklik was. Ons het op 'n Vrydagaand gaan eet by Tallas Tavern naby die hoofstrand en moes meegedeel word dat die kombuis om 21:00 sluit die aand. Dit is asof ons die gevoel gekry het dat die geriewe meer vir "locals" beskikbaar is as "toeriste". Ons het wel 'n lekker biltongplek ontdek. Hy sit op die hoofroete in Gordonsbaai net agter die Spar winkelsentrum genaamd Biltong Paradys. Dit is 'n klein plekkie maar die biltong, droeëwors en ander lekkernye maak lekker padkos om aan te smul.
Chantel R. - 20th November 2017
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Pragtige dorp. Enigste nadeel is dat daar nie vir klein kinders in die dorp voorsien word nie wat dit 'n moeilike bestemming maak om klein kinders heen te vat.
Fransil K. - 19th November 2017
staying in Vanrhynsdorp, Wes-Kaap
Plattelandse stilte en saligheid.
Chanell D. - 19th November 2017
staying in Ceres, Wes-Kaap
Dis 'n oulike dorp om te ontspan, ook lekker baie wynplase naby en ook Ziplining.
Peter F. - 19th November 2017
staying in Seaforth, Wes-Kaap
Penguins are nice to see, scenery is awesome, great restaurants (The Lighthouse Cafe for dinner, Tasty Table for a quick lunch).
Jacobus S. - 19th November 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Ons harte was stukkend oor die erge droogte! Alle sterkte aan die boere en gemeenskap!
Ronnie H. - 19th November 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Baie lekker plek.
Tania B. - 18th November 2017
staying in Calypso Beach, Wes-Kaap
Definitief aanbeveelbaar.
Hans M. - 18th November 2017
staying in Bellville, Wes-Kaap
Bellville is gerieflik naby N1 en dis maklik om terug te ry huis toe. Dis ook baie netjies in die strate en hy het ook vele inkopie sentrums en supermarkte.
Pieter V. - 18th November 2017
staying in Uniepark, Wes-Kaap
Uniepark is ideaal as jy die dorp Stellenbosch en omliggende omgewing wil verken. Dis naby aan die Natuur Reservaat, botaniese tuine, museums, kunsgallerye en wynplase, asook die lieflike restaurante in die dorp.
Ria N. - 18th November 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Goed geleë om oor te bly tydens reise van noorde na suide en terug.
Danielle F. - 18th November 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Lovely small fisherman's town. Relaxed atmosphere and very safe.
Willem Z. - 17th November 2017
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Lekker rustig gelegen.
Linda V. - 17th November 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Karoo op sy beste.
Dawie N. - 17th November 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Bly maar 'n lekker vakansieplek al is die weer soms bietjie wispelturig.
Danie W S. - 17th November 2017
staying in Voorbaai, Wes-Kaap
The place to stay on holiday/work breaks.
Bev M. - 17th November 2017
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
As we are from Swellendam, Somerset West has everything that we need for an excellent shopping experience.
Edward S. - 16th November 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Not a tourist destination but more of an overnight option to break a long day of travelling.
Vicki V. - 16th November 2017
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Ongelooflike mooi plek.
Jannie D. - 16th November 2017
staying in Vanrhynsdorp, Wes-Kaap
Sentraal tussen alle besienswaardighede.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za