Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"De Rust is bietjie uit die pad uit, veral as jy as toeris wil wees. Hoe meer mense deur die dorp kan ry, hoe meer sal klein besighede oop kan bly en hul dra in die wintertye."
"Uitstekende dorp. Die omgewing is skoon en netjies, die verkeer is 100 maal beter as Johannesburg s'n en die mense is uiters vriendelik en verwelkomend."
"Pragtige natuurskoon. Baie om te doen. Ongelukkig aan die duur kant, maar het keuses wat nie 'n arm en been kos nie."
"Ons verkies om dit te gebruik as sentrale punt en vandaar dagritte te beplan. Die parkering is 'n gemors met mense wat jou bestorm. Dit vereis ook kontantbetaling wat 'n probleem is. Oor die algemeen geniet ons Hermanus, Onrus, Vermont."
Great Brak River, Western Cape
180degrees @ Outeniqua"Dit is 'n lekker veilige vakansiebestemming."
"Ons is net jammer dat dit ons so lank geneem het om uiteindelik daardie afdraai te neem. Die Goudveld Nasionale Park is pragtig. Net jammer dat mens nie meer die myne kan besoek nie."
"Gaan besoek Bird Island. Moeite werd en ook die restaurant by die hawe. Goeie diens. Baie rustige dorpie. Bietjie besig op 'n Saterdag in die middel van die dorp. OK is 'n goeie plek om inkopies te doen. Vriendelike mense. Mooiste uitsigte, baie voëls en seelewe."
"Wonderlike restaurante. Strand tussen Voorstrandt Restaurant en vissersbote vuil, vuilgoed sigbaar vanaf Blikkie Pizzeria bederf pragtige see-uitsig en straatverkopers baie lastig."
"It depends on the purpose of your visit. During the flower season, it would be situated ideally. It is also ideal for an overnight stay en route to/from Namibia. It is a good place to rest for the night."