Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 34945 resensies.
"Wat 'n heerlike dorpie - baie soos Prins Albert, maar sonder die pretensie. En dis baie naby aan die huis. Ek het die lekkerste roomys in my lewe by "The Blend" geëet - framboos en room. Ons sal beslis weer kom kuier."
"Mosselbaai is pragtig en skoon, en ons sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou."
"Struisbaai is my preferred place for my break away stays out of Cape Town. It is neat and safe."
"St Helenabaai het my hart gesteel. Ek maak reeds planne om weer en weer terug te keer. St. Helenabaai is beslis 'n stukkie paradys!"
"Beautiful sites, both coastal and country, to explore and not to missed."
"My ouers het daar gewoon so ek sal altyd 'n spesiale plekkie in my hart hê vir Prins Albert."
"Ek kom oorspronklik van Graafwater, 'n dorpie so n paar kilometers weg van Elandsbaai en ek moet sê, die naweek het my laat besef Elandsbaai is eintlik 'n juweel van die see! Vriendelike mensies en ons is definitief huistoe met klere vanaf die surf shop in ons tas. Regtig die moeite werd vir 'n vakansietydjie!"
"Pragtige plek met baie om te doen. Paaie in uitstekende kondisie en dorp is skoon en netjies."
"Die Kaap is mooi skoon en netjies. Ons was regtig beïndruk met die mooi skoon plekke. Ons self is van Noord-Wes en my dogter hulle van Gauteng. Julle het 'n pragtige plek. Ons het wynroetes geniet en was regtig beïndruk met diens. Restaurante was ook baie goed. "
"Pragtige dorpie weg van die geskarrel maar tog naby genoeg aan ander groter plekke soos Hermanus, Somerset Wes en Kleinmond."